Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Hlaudi moet byna miljoen opdok, beslis hof

Hlaudi Motsoeneng, omstrede voormalige bedryfshoof van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK), moet bykans R1 miljoen terugbetaal vir regskoste wat hy aangegaan het in sy persoonlike hoedanigheid.

Hlaudi Motsoeneng, voormalige bedryfshoof van die SAUK. Foto: Argief

Die hooggeregshof in Johannesburg het bevind dat Motsoeneng “onwettig” geld van die SAUK gebruik het om sy eie regskoste te dek, sê die spesiale ondersoekeenheid (SOE).

Die totale bedrag was R951 981,73.

Ingesluit in die bedrag was ook ’n persoonlike lening van R100 000 deur die prokureursfirma aan Motsoeneng waarvoor die SAUK aanvanklik opgedok het. Dié geld is later terugbetaal.

Motsoeneng sal nou R851 981,73 plus rente moet opdok asook die regskoste van die hofsaak moet dek.

Motsoeneng het volgens die hof die prokureurs Majavu Incorporated gebruik om sy saak te stel in ’n hofsaak wat sy aanstelling as bedryfshoof van die SAUK betwis het.

Die SOE ondersoek ongerymdhede by die SAUK reeds sedert 2017.

Adv. Andy Mothibi, hoof van die SOE, het die uitspraak van die hooggeregshof verwelkom.

“Dit is ’n voortsetting van die implementering van die resultate van die SOE-ondersoek en die bestuur daarvan om geld te verhaal wat deur die SAUK verloor is. Nog geld sal só verhaal word.”

Meer oor:  Sauk  |  Hlaudi ­Motsoeneng  |  Openbare Uitsaaier  |  Media  |  Staatsondernemings  |  Televisie  |  Herstrukturering  |  Afleggings  |  Nuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.