Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Hoë van Spur-groep bedank om te fokus op eie belange

Spur se bedryfshoof gaan uit die korporatiewe omgewing tree en op sy eiendoms- en restaurantbelange in Nieu-Seeland fokus.

Mark Farrelly, bedryfshoof van Spur, het met onmiddellike effek bedank.

Mark Farrelly is die mede-eienaar van die White Cloud Spur in Auckland, die enigste Spur in Nieu-Seeland en van die meesterfranchise in dié land.

Sy bedanking, wat Maandagoggend op Sens aangekondig is, is onmiddellik van krag. Dit kom nadat die bedanking van Pierre van Tonder, uitvoerende hoof, einde Julie aangekondig is. Van Tonder het Spur 14 jaar lank gelei en is al 37 jaar lank in die groep se diens. Sy opvolger is nog nie aangekondig nie.

Farrelly is al 30 jaar aan die Spur-groep verbonde. Hy was sedert 1999 die uitvoerende direkteur en sedert 2012 die bedryfshoof.

Mike Bosman, Spur se voorsitter, het hom namens die direksie vir sy bydrae tot die groep oor die afgelope drie dekades bedank, “en vir sy leiding van die Suid-Afrikaanse onderneming deur baie uitdagende tye. Ons wens hom voortgesette sukses toe soos wat hy sy entrepreneuriese belange nastreef.”

Farrelly was tydens die strengste fases van die Covid-19-krisis, toe die deure van die meeste Spurs toe was, deurslaggewend in die onderhandelinge tussen franchisehouers en verhuurders vir verminderde huur in dié tydperk.

Restaurante kon in Mei wegneemetes verkoop maar nie alle Spur-restaurante het dit as winsgewend beskou om hul deure net vir kitskos te heropen nie. Restaurante kon weer van 29 Junie aansit-etes voorsit, maar kon eers weer op 18 Augustus, toe vlak 2 van krag geword het, alkohol saam met die etes verkoop.

Spur het onlangs in ’n handelsverklaring gesê die Covid-19-krisis het restaurante se inkomste in die boekjaar tot einde Junie met 21,7% laat daal, dus nagenoeg R1,7 miljard minder as in 2019. Dit geld al die restaurante in die Spur-groep, waaronder The Hussar Grill, RocoMamas en Nikos Coalgrill Greek.

Net Spur-restaurante se verkope het met 22,5% geval nadat dit in die agt maande tot einde Februarie met 6,1% gestyg het.

Spur reik eersdaags sy resultate uit.

Meer oor:  Spur  |  Kitskos  |  Bedanking  |  Restaurante
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.