Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Hoë verlaat PwC oor rassevoorval op lughawe

’n Uitvoerende beampte van PricewaterhouseCoopers Afrika (PwC), wat op video opgeneem is terwyl hy rasse-uitsprake oor “julle mense” en die toestand waarin die land verkeer “oor julle mense” maak, het die diens van dié bekende ouditeursfirma verlaat en tugstappe sal gedoen word.

PwC het Maandag aan News24 bevestig dat een van sy uitvoerende beamptes, wat betrap is dat hy ’n gesin op die Kaapstad Internasionale Lughawe beledig het deur rassistiese uitsprake te maak, nie meer by die firma werk nie.

Fulvio Tonelli, PwC Afrika se bedryfshoof, sê as gevolg van die rassistiese voorval het die firma gedurende die afgelope naweek “tugstappe” hangende ’n formele ondersoek na die voorval deur die firma se senior leierskap ingestel.

“PwC betoon geen genade vir rassisme nie en sal sterk en beslissend optree as enige werknemer die firma se waardestelsel en beleid oortree, ongeag of die wangedrag buite of binne die werkomgewing was.”

Tonelli het bygevoeg dat die werknemer onmiddellik bedank het nadat tugstappe ingestel is.

News24 het PwC duidelikheid gevra oor of die uitvoerende beampte die firma verlaat het voordat die tugstappe begin is of daarna, en of hy in die pad gesteek is.

Romney-Tax-Records, pwc, romney
PwC

PwC wou nie hierop antwoord nie.

Bulelani Ngcauzele sê sy en haar gesin het hul stiefpa Donderdag lughawe toe gevat en was by die kaartjiestoonbank toe ’n man hulle gekonfronteer het.

“My ma het agter ons met haar trollie en bagasie gestaan. Die man het glo met sy tas en kaartjie in die hand na haar gestap (sonder ’n rede om by die toonbank te wees) en haar uitgetrap oor hoe f****d die land oor “julle mense” is, het Ngcauzele gesê.

“Sy het baie kalm opgetree en hom gevra om op te hou, maar hy het voortgegaan om haar aan te val. Hy het gedink dat sy alleen was, maar my broer was by en het ’n video van die voorval gemaak.”

Ngcauzele het gesê sy het ingegryp toe die man haar broer opgemerk en hom gejaag het om sy selfoon af te vat.

“Hy was aaklig en onmoontlik. Hy het vir ons gesê al wat hy wou doen, is ‘om julle mense te help’ en dat hy R150 miljoen in die land belê het. Hy het aangegaan oor hoe hy in Suid-Afrika belê het, maar ‘dat die mense’ nie in staat is om die land te lei nie.”

Wat haar verder omgekrap het, was dat die lughawe-personeel glo net toegekyk het terwyl die man met sy tirade aangaan en nie ingegryp het nie.

Uiteindelik het ’n personeellid van die lugredery waarmee haar pa gevlieg het, kom kyk en die hele voorval gade geslaan. Hy het toe die polisie gebel, het sy gesê.

“Die man het toe na die badkamer gegaan asof hy weghardloop, en toe na die hekke gestorm om aan boord te gaan. Die polisie het hom agternagesit en toe hy probeer om aan boord van ’n vlug te gaan, het hulle vir hom gesê dat hulle bewus is dat daar ’n voorval was,” het Ngcauzele gesê.

Sy het bygevoeg dat die man na ’n polisiekantoor geneem is, maar toe hulle daar opdaag om ’n klag in te dien was reeds vrygelaat.

News24 het vroeër berig dat ’n klag van crimen injuria ingedien is en dat sy naam eers gepubliseer kan word wanneer hy die eerste keer in die hof verskyn.

Deborah Francis, woordvoerder van die Lughawensmaatskappy (Acsa), het gesê die voorval is kommerwekkend en onaanvaarbaar.

“’n Ondersoek sal gedoen word. Dit is standaard-prosedure dat die personeel in so ’n geval die polisie bel.”


Meer oor:  Pwc  |  Rassisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.