Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Hoekom openbaar Shoprite nou Wiese se stemmery?
Christo Wiese

Die Shoprite-groep het Donderdag in ’n vreemde stap vir die eerste keer ’n aankondiging gemaak wat toon hoe Christo Wiese, sy grootste aandeelhouer en voorsitter, met sy spesiale aandele stem.

Die aankondiging het dadelik opgeval omdat dit die uitslag van aandeelhouers se stemme op die jaarvergadering van 29 Oktober 2018 bevat.

Dit het ook opgeval omdat dit vir die eerste keer Wiese se spesiale stem (of uitgestelde aandele) apart van die stemmery van die gewone aandele getoon het.

Shoprite wou nie kommentaar lewer oor die skielike heruitreiking van die resultate van die jaarvergadering maande ná die vergadering nie.

Dit kom ook kort nadat Shoprite vroeër die week aangekondig het dat hy steeds met Wiese onderhandel oor die moontlike verkryging of aflossing en kansellasie van al sy spesiale aandele.

Vandeesweek is in die omsigtigheidsverklaring gesê indien die transaksie suksesvol is, gaan dit ’n wesenlikeimpak op Shoprite se aandeelprys hê.

Voorheen is bloot gesê dit kan ’n impak op sy aandeelprys hê.

Lees hier wat Netwerk24 einde Februarie berig het oor die beherende belang wat Wiese met sy spesiale stemreg in die groep hou.

Die JSE het by navraag gesê hy het ter nakoming van die noteringsvereistes die maatskappy versoek om die aankondiging te publiseer.

Of enigiets nou verander het om dit te vereis, het André Visser, bestuurder van noteringsregulering van die JSE, gesê die reëls het ’n paar jaar gelede verander om maatskappye te verplig om dit aan te kondig.

“Daar was wel in sekere geledere onsekerheid oor of dit nodig was per klas (aandele), veral as die een klas nie genoteer is nie.

“Die JSE-reëls vereis dit wel so en ons het hulle dus gevra om die laaste aankondiging reg te stel en dit dan ook vorentoe so te openbaar.”

Of iemand gekla het en hoekom die JSE nou wakker skrik, het hy gesê: “Daar is nie meer baie maatskappye wat twee klasse van aandele het nie; dit is nie meer ’n algemene verskynsel nie. Ons het wel ’n navraag oor die een ontvang.”

Die heruitgereikte aankondiging toon al die 305,6 miljoen uitgestelde aandele is op elke besluit gestem en elke keer is 100% ten gunste van elke besluit gestem.

Dit is dus net die gewone aandeelhouers wat met baie hoë teenstemme teen sekere besluite gestem het.

Wiese het ook gewone aandele van 14%. Die uitgestelde aandele se stemreg beloop 32,3%. Saam met die uitgestelde aandele hou hy dus sowat 42,8% se stemreg.

Meer oor:  Steinhoff  |  Shoprite  |  Christo Wiese  |  Aandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.