Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Hoekom verkoop GPI se grootbaas R60 m. aandele?

Hassen Adams, uitvoerende voorsitter van Grand Parade Investments (GPI), het Dinsdag R60 miljoen se aandele in GPI verkoop.

Die 20 miljoen aandele is Maandag teen R3 elk verkoop.

grand parade investments, burger king
Hassen Adams, uitvoerende voorsitter van Grand Parade Investments.

GPI, wat die meesterlisensie vir die bedryf van Burger King in Suid-Afrika hou, het onlangs aangekondig hy gaan Dunkin Donuts en Baskin-Robbins, wat ook van oorsee af gebring is, toemaak.

Ricco Friedrich, portefeuljebestuurder van Denker Capital, sê die groot vraag is wie Adams se aandele koop.

Hy sê Adams was nie onlangs teenwoordig by die aanbieding van die resultate en op ander onlangse vergaderings van GPI nie.

“Die duidelike boodskap wat met sy afwesigheid gestuur word, is raakgesien by die aanbieding en die ander vergaderings.”

Friedrich meen die verkoop van die aandele sal beleggers nou vrae laat vra oor watter rol Adams vorentoe in die onderneming wil of gaan speel.

Hy meen egter dit is waarskynlik nie eens die helfte van die aandele wat Adams besit nie.

Adams het die afgelope maande onder groot kritiek van aandeelhouers deurgeloop.

Dit is oor aandele wat deur ’n verwante onderneming aan Adams verkoop is, The Nadeson Trust. Adams is ’n begunstigde en trustee van die trust. Die trust is op sy beurt die beherende aandeelhouer in Nadesons Investments. Adams is ’n direkteur van Nadesons Investments en ’n nie-regstreekse aandeelhouer in die maatskappy. In die jongste jaarverslag is gesê Adams is ’n 93,3%-aandeelhouer in Nadesons Investments.

Die jaarverslag toon Adams hou 13,4% of 63,8 miljoen aandele in GPI.

Hy het dus bykans ’n derde van sy aandele verkoop.

Adams is reeds vanaf Oktober 1997 ’n direkteur en is in Februarie 2011 as uitvoerende voorsitter aangestel.

– Fin24, bygewerk 

Meer oor:  Gpi  |  Grand Parade  |  Hassen Adams  |  Verkoop  |  Aandele  |  Direkteur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.