Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Hof beveel Gupta-firmas om saam te werk
Louis Klopper, sakeredder van Tegeta. Foto: Elvira Wood

Die vier sakereddingspraktisyns wat by agt van die omstrede Gupta-familie se maatskappye aangestel is, kan van Maandag af weer volstoom werk.

Die hooggeregshof in Johannesburg het Vrydag hul aansoek om ’n dringende interdik toegestaan dat die maatskappye toegang tot hul persele en dokumente aan die sakeredders moet gee.

Louis Klopper, Robert Knoop, Juanito Damons en Kgashane Monyela het hulle op die hof beroep nadat hulle sedert 5 April toegang tot die persele en dokumente van die maatskappye waarvoor hulle verantwoordelik is, geweier is.

Hulle is op 6 April in ’n prokureursbrief wat namens Oakbay Investments gestuur is, ingelig dat hul “besoek aan en gebruik van die Oakbay-kantore nie gepas is nie en nie langer toegelaat sal word nie”.

Regter Denise Fisher het die Gupta-maatskappye Vrydag gelas om die sakeredders toegang tot die relevante persele en dokumente te gee. Hulle is ook beveel om met die sakeredders saam te werk.

’n Kostebevel is teen die Gupta-maatskappye gemaak.

“Dit is die tweede keer in twee dae dat ons ons saak teen dié maatskappye wen,” het Klopper Vrydag kort ná die uitspraak gesê.

Die sakeredders was Donderdag ook in die hof nadat die Gupta-maatskappye ’n dringende interdik gevra het om ’n stokkie te steek voor die jongste planne met die Optimum-steenkoolmyn.

Die sakeredders het ’n jaar lange kontrak met Burgh Group Holdings gesluit ingevolge waarvan daar maandeliks 200 000 ton steenkool van die Optimum- en die Koornfonteinmyn via Richardsbaai uitgevoer gaan word.

Die steenkool word deur die Britse maatskappy Vitol gekoop.

Die Gupta-maatskappye het gekla dat Vitol ’n mededinger is en dat die sakereddingsproses gebruik is om hul bedrywighede in die hande van hul mededingers te plaas.

Dié aansoek is met koste van die hofrol geskrap.

Dit is die derde keer dat die sakeredders in die hof triomfeer.

Andile Qaku, die enigste direkteur van ’n maatskappy genaamd Deriko Mining and Exploration, het in Maart ook probeer om met behulp van die howe van Klopper en Knoop ontslae te raak.

Sy aansoek is ook met koste van die hand gewys.

Meer oor:  Optimum  |  Vitol  |  Tegeta  |  Oakbay  |  Guptas  |  Louis Klopper  |  Sakeredding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.