Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Hof is gereed vir Peter Moyo

Die hofsaak van Peter Moyo, voormalige uitvoerende hoof van Old Mutual, teen sy oudwerkgewer begin Donderdag in die hooggeregshof in Johannesburg.

Die hooggeregshof in Johannesburg, waar Peter Moyo teen Old Mutual te staan kom. Foto: William Horne

Die saak, wat aanvanklik vir Dinsdag 16 Julie geskeduleer was, is uitgestel ná die eerste verskyning.

Die regter het opgemerk dat hy die hele dag vir die saak wou beskikbaar hê, wat nie Dinsdag moontlik was nie.

Moyo hoop om in sy dringende aansoek sy afdanking as onwettig en ongrondwetlik te laat verklaar en ook ’n interdik teen Old Mutual te verseker wat die finansiële reus sal keer om iemand in sy plek aan te stel.

Old Mutual, en sy 16 respondente in die saak, staan dié aansoek teen en meen dat Moyo geen wesenlike gronde het vir sy klagte nie.

Moyo word deur Eric Mabuza verteenwoordig. Mabuza het ook voorheen vir Tom Moyane, omstrede voormalige kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens verteenwoordig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.