Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Hof: Saambou was nié rassisties met huislenings

Die gelykheidshof het beslis dat Saambou nié rassisties was oor hoe hy rentekoerse op huislenings gehef het nie.

Mense staan tou voor die destydse Saambou Bank om hul geld te onttrek.Foto: Argief

FNB het Saambou se huislenings in Augustus 2002 oorgeneem nadat dié bank gevou het.

FNB sê Donderdag in ’n verklaring die hof het die aansoek in sy geheel van die hand gewys.

“Ons het heeltyd volgehou dat die roekelose gebruik van bewerings van rassisme is onverantwoordelik en onaanvaarbaar. Daar is nog nooit bewys dat ras ’n rol gespeel het in Saambou se vasstelling van rentekoerse vir sy kliënte nie,” sê Lee Mhlongo, uitvoerende hoof van FNB se afdeling vir huislenings, in ’n verklaring.

FNB sê hy is sedert 2013 reeds vier keer hof toe gesleep weens dié bewering. Al die aansoeke is van die hand gewys.

Die hooggeregshof in Pretoria het reeds in 2013 bevind bewerings dat Saambou swart kliënte hoër rentekoerse op hul huislenings laat betaal het, is “heeltemal ongegrond.”

Meer oor:  Fnb  |  Huislenings  |  Banke  |  Bankbedryf  |  Rassisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.