Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Hof sê vandag (wéér) oor Tasima en eNatis
Die gebou in Midrand waar die eNatis-stelsel gebaseer is en wat Tasima moes ontruim.

Die twis tussen Tasima en die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) oor die nasionale elektroniese administrasiestelsel vir verkeersinligting (eNatis) gaan moontlik Dinsdag eindig.

Business Day berig die konstitusionele hof gaan na verwagting ’n finale uitspraak oor dié kwessie gee.

Tasima het voorheen die eNatis bedryf totdat hy op 3 April 2017 deur regter Neil Tuchten in die hooggeregshof in Pretoria beveel is om onmiddellik die perseel in Midrand te verlaat en die stelsel aan die RTMC te oorhandig.

Makhosini Msibi, uitvoerende hoof van die RTMC, het toe gesê die staat is al lankal gereed om die eNatis-diens te lewer en dat daar geen chaos met die oorhandiging sal wees nie, aangesien die RTMC bereid is om Tasima se personeellede oor te neem.

Tasima het die stelsel sedert Julie 2001 bedryf. Sy kontrak om die stelsel te bedryf, is onregmatig in 2009 verleng.

Die eertydse direkteur-generaal van dié departement het die vaste kontraktermyn vir vyf jaar verleng, wat teenstrydig met die Grondwet, die Wet op Openbare Finansiële Bestuur en die tesourie se regulasies was. Tasima het daarna bevele van die hooggeregshof in Pretoria bekom wat die DG se besluit opgedwing het. ’n Kontrak wat dus verstryk het, is deur hofbevele aan die gang gehou.

eNatis word gebruik vir die lisensiëring van alle motorvoertuie, rybewystoetse, leerlingrybewystoetse, die hantering van padverkeersoortredings en voertuie se padwaardigheid.


Meer oor:  Tasima  |  Verkeer  |  Lisensies  |  Enatis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.