Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Hof verwerp aansoek om afleggings by SAL te keer

Die arbeidshof het ’n dringende aansoek om verlof tot appèl van die metaalwerkersvakbond Numsa en die Suid-Afrikaanse Kajuitpersoneelvereniging van die hand gewys, waarin die vakbonde probeer het om ’n bevel te bekom wat die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) en sy sakereddingspraktisyns verhinder om werknemers af te dank.

Die hof het hul eerste aansoek van die hand gewys en uitspraak voorbehou toe hulle vroeër in Februarie appèl aangeteken het.In ’n uitspraak wat Donderdag uitgereik is, het die hof gesê die aansoek het geen “redelike vooruitsig op sukses” nie.

Die vakbond se regstappe het gevolg op ’n aankondiging deur die SAL se sakereddingspraktisyns vroeër vandeesmaand dat al die binnelandse roetes van die lugdiens gekanselleer word, behalwe vir die gewilde vlug tussen Johannesburg en Kaapstad.

’n Aantal internasionale en streekroetes is ook gestop.In hul dringende aansoek wou die twee vakbonde hê dat die hof die SAL en sy reddingspraktisyns, Les Matuson en Siviwe Dongwana, moet weerhou om enige stappe te doen om die dienste van die lede van die vakbonde te beëindig.

“Geen hof sal hierdie soort aansoek toestaan ??nie,” lees die uitspraak.Numsa het aangedui dat hy van plan is om appèl teen die uitspraak by die arbeidsappèlhof aan te teken. – Fin24

Meer oor:  Vakbonde  |  Arbeidshof  |  Afleggings  |  Suid-Afrikaanse Lugdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.