Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Hokaai, Savanna: Steeds droog, ook bietjie hoog!

Savanna se nuwe “Non-alcoholic Savanna Lemon” is steeds droog en dit maak jou steeds (’n bietjie) hoog.

Savanna se nuwe sider is nie heeltemal alkoholvry nie.

En hoewel hulle regstegnies dit ’n niealkoholiese drankie mag noem omdat dit net 0,3% alkohol bevat, het die Advertensiebeheerraad (ARB) bevind Savanna se advertensies is misleidend.

Twee klaers, Mpho Lephalala en Bongani Mdletshe, het gesê ’n televisieadvertensie waarin ’n verkeersbeampte en ’n vlieënier “Savanna” drink, is misleidend.

In die advertensie drink twee vriende iets in ’n kroeg. Dan ry ’n verkeersbeampte in uniform met ’n motorfiets die kroeg in en drink ’n “niealkoholiese Savanna” voordat hy verder gaan werk.

Die een pel kyk na die ander een en sê: “Dis ’n bietjie onkonvensioneel.” Die ander een antwoord: “H’m. Savanna met geen alkohol nie. Dit breek al die reëls.”

Hulle kyk dan oor hul skouer en sien ’n vlieënier in uniform wat dieselfde “niealkoholiese drankie drink”.

Die woorde “nie te koop deur persone jonger as 18 nie” verskyn deurentyd onderaan die skerm. Die laaste skoot van die advertensie bevat die woorde. “New non-alcoholic. The rules don’t apply.”

Die man links sê: “Savanna met geen alkohol. Dit breek al die reëls.’’

Die ARB sê die reëls geld wel: Dit is eenvoudig misleidend.

Savanna het in die saak aangevoer ’n gemiddelde persoon sal omtrent 6,6 liter van hul “nie­alkoholiese” drankie moet drink om die wetlike alkoholperk vir dronkbestuur te oorskry. Enige drankie met minder as 0,5% alkohol word volgens wetgewing as “niealkoholies” beskou.

Savanna sê hulle het juis die ouderdomswaarskuwing ingesluit om seker te maak hulle is verantwoordelik en laat nie die handelsnaam aanloklik klink vir kinders nie.

Die ARB het gesê hulle aanvaar die verduideliking, maar is bekommerd oor mense wat om mediese en godsdienstige redes geen alkohol wil of mag drink nie.

Hulle kyk om en sien ’n vliegtuigloods wat ook dié drankie geniet.

“Die feit dat die drankie hulle nie sou dronk maak nie, sou nie vir hulle saakmaak nie.”

Die misleiding is erger omdat dit ’n televisieadvertensie is, het die ARB bevind.

“Die kyker het nie die luuksheid om die verpakking te bestudeer vir duidelikheid totdat hulle op die advertensie gereageer en na die drankwinkel gegaan het nie. Teen dié tyd – selfs al kies hulle om nie die produk te koop nie – is hulle mislei.”

Die ARB kon nie teen Savanna se benaming van die produk bevind nie, maar wel op grond van die karakter se opmerking dat dit “geen alkohol bevat nie”.

Savanna moet die advertensie so gou as moontlik wysig.

Meer oor:  Arb  |  Advertensiebeheerraad  |  Distell  |  Advertensies  |  Drank  |  Bier  |  Reklame  |  Drankbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.