Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Holomisa kla oor OBK-geld vir studenteverblyf by UWK

Bantu Holomisa, leier van die United Democratic Movement (UDM), wil hê die minister van finansies moet ’n belegging van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) in studentebehuising by die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) keer.

Bantu Holomisa is die president van die UDM-party. Foto: Argief

Holomisa skryf in ’n brief aan Tito Mboweni, minister van finansies, hy meen die beoogde belegging van R116 miljoen in Ikhaya Student Accommodation lyk nie asof dit deur die normale kanale van goedkeuring en noulettendheidstudies gaan nie.

Holomisa wil hê die transaksie moet aan die huidige ondersoek van regter Lex Mpati na die OBK onderworpe wees, en dat Mboweni die transaksie moet stopsit.

Volgens die UDM se soektog by die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) is Dennis George, hoofsekretaris van die vakbondfederasie Fedusa, een van die direkteure van Ikhaya Student Accommodation.

Fedusa het George op spesiale verlof geplaas hangende ’n ondersoek na ’n ander transaksie van die OBK om R4,3 miljard se aandele in Ayo Technology Solutions te koop, het Fin24 verlede week berig. George is ’n nie-uitvoerende direkteur van Ayo.

Volgens Holomisa is die belegging in die studentebehuising nie, of nog nie, deur die UWK-raad goedgekeur nie. Luidens ’n brief gedateer 30 Mei 2018 wat deur die hoof van regsdienste van die UWK onderteken is, sou dit ’n vereiste wees dat so ’n transaksie deur die uitvoerende bestuur en raad van die universiteit goedgekeur moes word en dat dit aan die minister van hoër onderwys gerapporteer moet word. Volgens die UDM is daar nie bevestiging dat aan al dié voorwaardes voldoen is nie.

Navrae is na die UWK, asook na die nasionale tesourie gestuur en hul reaksie sal bygewerk word sodra dit ontvang word.

Dié soort belegging sou normaalweg deel uitmaak van die OBK se ongenoteerde portefeulje. Dié portefeulje was teen einde Maart 2018 sowat R123 miljard werd, volgens inligting wat die OBK aan die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge bekend gemaak het. Dit is dus ’n relatief klein deel – minder as 6% – van die OBK se totale beleggingsportefeulje van sowat R2 000 miljard.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.