Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Honderde staan tou vir nuwe roomys
’n Baskin-Robbins-roomys.
’n Breë glimlag van ’n klant terwyl sy vir haar Baskin-Robbins-roomys betaal.
Honderde mense staan in die Canal Walk-winkelsentrum in Kaapstad tou om hul eerste smakie van die Amerikaanse roomys Baskin-Robbins te kry.

Honderde mense het Vrydagoggend van vroeg af tou gestaan om hul eerste smakie van Baskin-Robbins-roomys te kry.

Die eerste tak van dié Amerikaanse roomyswinkel in die land het in die Canal Walk-winkelsentrum in Kaapstad geopen.

Grand Foods, ’n filiaal van die genoteerde Grand Parade Investments, besit die meesterlisensie om Baskin-Robbins in Suider-Afrika uit te brei. Grand Foods het ook Burger King en onlangs Dunkin’ Donuts “ingevoer”. Dunkin’ Brands is die moedermaatskappye van sowel Dunkin’ Donuts as Baskin-Robbins.

Grand Foods wil eers die twee handelsname in die Kaap vestig, waarna Gautengers teen middel 2017 saam sal kan begin proe.

Daar is tans meer as 7 700 Baskin-Robbins-winkels ter wêreld wat deur meer as 300 miljoen mense per jaar besoek word. Benewens roomys in honderde geure kan jy roomyskoek by dié winkel bestel.

Grand Foods wil oor die volgende tien jaar 70 Baskin-Robbins-winkels landwyd oopmaak.

Meer oor:  Grand Foods  |  Grand Parade Investments  |  Baskin-Robbins  |  Kitskos  |  Restaurante  |  Roomys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.