Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Hospitaalgroep se baas bedank skielik, emigreer

Dr. Shrey Virann, uitvoerende hoof van die hospitaalgroep Life Healthcare, het met onmiddellike ingang bedank en emigreer na Australië.

Dr. Shrey Viranna, wat in Februarie 2018 die uitvoerende hoof van die Life Healthcare-groep geword het. Viranna het 12 jaar by McKinsey & Co gewerk in verskillende dele van die wêreld. Hy het hom in 2013 by Discovery aangesluit en was uitvoerende hoof van Discovery Vitality en DiscoveryCard.

Hy is twee jaar gelede by Life Healthcare in dié pos aangestel.

Die hospitaalgroep sê in ’n verklaring hy emigreer om persoonlike redes.

Pieter van der Westhuizen, die huidige finansiële hoof, is as waarnemende uitvoerende hoof aangestel.

Hy is reeds 20 jaar by Life Healthcare en vyf jaar in die pos.

Viranna bly aan as spesiale adviseur tot 29 Februarie om ’n goeie oorgang te verseker.

Mustaq Brey, voorsitter, sê Van der Westhuizen, wat baie ondervinding in die bedryf en die maatskappy het, en al voorheen as uitvoerende hoof waargeneem het, sal onmiddellike strategiese, operasionele en leierskap kontinuïteit bied vir die onderneming aan die begin van die nuwe jaar.”

Hy het sy spyt uitgespreek omdat Viranna die maatskappy verlaat, maar sê die besluit oor sy familie word gerespekteer.

Viranna sê: “My vertrek is ’n moeilike, maar persoonlike besluit. Ek laat die maatskappy met groot hartseer agter.”

Die direksie het begin om na ’n geskikte opvolger te soek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.