Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Hotelgroep verwelkom skuif na vlak 1

Die hotelgroep Sun International het die skuif na vlak 1 van die inperking as ’n “verligting” beskryf.

The Table Bay Hotel by die V&A Waterfront in Kaapstad gaan eers in November sy deure oopmaak - as besprekings dit regverdig.

Graham Wood, bedryfshoof, verwelkom veral die verslapping van die aandklokreël (tot middernag) dat ontspanningsgeriewe nou 50% vol mag wees, en dat groter byeenkomste gehou mag word. Byeenkomste van tot 250 mense mag binnenshuis gehou word en tot 500 mense in die ope lug.

“Dit beteken ons vermaak- en konferensiegeriewe kan weer begin sake doen.”

Wood sê die geleidelike oopstel van internasionale grense vanaf 1 Oktober is ook “bemoedigend, aangesien dit groter duidelikheid” gee.

“Die pad vorentoe gaan nie maklik wees nie, maar ons kan nou vir die herstel van die gasvryheids- en konferensiesegmente van ons onderneming beplan.”

Dis veral belangrik vir plekke soos The Palace in Sun City en The Table Bay Hotel in Kaapstad wat grootliks op oorsese toeriste staatmaak, en plekke wat op konferensies en sakereise staatmaak, insluitend The Maslow Sandton, die Wild Coast Sun en The Boardwalk.

Sun City het op 2 September, ná vyf maande wat dit gesluit was, heropen, maar Sun het met die uitreiking van sy halfjaarsyfers op 31 Augustus gesê hy verwag dat The Table Bay Hotel eers in November sy deure sal kan heropen.

Die groep se inkomste vir die ses maande tot einde Junie het met 56% tot R3,7 miljard gedaal teenoor dieselfde tyd in 2019.

Meer oor:  Hotelbedryf  |  Staat Van Inperking  |  Koronavirus  |  Toerisme  |  Hotelle  |  Vlak 1  |  Dobbelbedryf  |  Inperking  |  Dobbel  |  Konferensies  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.