Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Hulp van R59 mjd. vir Sanral, SAL ‘nie bespreek’

Die tesourie ontken dit dat die regering ’n hulppakket van R59 miljard vir staatsondernemings goedgekeur het.

Die tesourie ontken dat ’n waarborg vir die Poskantoor ter sprake is. Foto: Cornél van Heerden

Begrotingsversoeke word nie in kabinetsvergaderings ter tafel gelê nie, het die tesourie in antwoord op vrae gesê. Dit is na aanleiding van ’n berig in die Sunday Times dat ’n reddingsplan verlede week op ’n kabinetsvergadering onder leiding van pres. Cyril Ramaphosa bespreek is.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) sou glo ’n kontantinspuiting kry, terwyl die Poskantoor, die Suid-Afrikaanse Lugdiens en die SAUK waarborge sou kry wat hulle in staat sal stel om meer geld te leen.

Staatsondernemings gaan gebuk onder swak korporatiewe beheer en finansiële wanbestuur en het reeds waarborge van meer as R450 miljard van die staat.

Die staat se blootstelling aan waarborge het in die boekjaar tot Maart vanjaar tot 64,5% gestyg, vergeleke met 54,4% in die vorige boekjaar, soos wat die staatsondernemings wel geld geleen het op grond van die waarborge.

Kredietgradeerders het al herhaaldelik gesê die staatsondernemings se geldsake skep ’n risiko vir die staat. In April het die Reserwebank gesê die land se finansiële stabiliteit kan bedreig word as die staatsondernemings nie hul skuld kan terugbetaal nie.

Dit kan tot verdere afgraderings lei.

Standard & Poor’s Global Ratings en Fitch Ratings het Suid-Afrika in 2017 tot rommelstatus afgegradeer.

Nhlanhla Nene, minister van finansies, lewer op 24 Oktober sy mediumtermyn-begrotingsraamwerk. Hy sal dan die land se bestedingsbehoeftes vir die volgende drie jaar moet balanseer terwyl belastinginkomste onder druk is omdat die ekonomie sedert 2013 nie een jaar sterker as 2% gegroei het nie.

Volgens die tesourie sal bestedingsversoeke wat die kabinet goedgekeur het, in Oktober of eers in Februarie volgende jaar bekend gemaak word. – Bloomberg

Meer oor:  Poskantoor  |  Sauk  |  Suid-Afrikaanse Lugdiens  |  Sanral  |  Staatsondernemings  |  Tesourie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.