Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Hussar Grill-klante smul weer lekker aan biefstuk

The Hussar Grill, ’n groep braairestaurante in die stal van Spur Corporation wat op effens meer welgestelde klante gemik is, het baie vinnig teruggebons van die inperkingstyd.

The Hussar Grill-restaurante het in September 93,7% van die omset behaal wat in September 2019 behaal is.

Dít selfs al moet die restaurante hul deure betreklik vroeg sluit om te verseker dat personeel voor middernag tuis kan wees ingevolge die land se aandklokreël.

Die 20 takke van The Hussar Grill het in September reeds 93,7% van die omset behaal wat in September 2019 behaal is. Net twee restaurante is nog nie oop nie. Dis teenoor omset van net 0,2% in Mei en 2,5% in Junie in die lig daarvan dat The Hussar Grill nie juis wegneemetes aanbied nie, wat toe in Julie tot 22,6% gestyg het en in Augustus tot 45,6%.

Meer as drie maande sedert restaurante weer hul deure vir aansitetes mag oopmaak, het tien van die 298 Spur-restaurante in Suid-Afrika steeds nie begin sake doen nie.

Al 75 RocoMamas is egter oop.

Daar is ook twe takke elk van The Hussar Grill en van Nikos Coalgrill Greek, 11 van Panarottis en Bella Casa en vyf van John Dory’s wat nog nie hul deure heropen het nie.

Van die Spur Corporation se 547 franchises is 30 in Suid-Afrika en nog een restaurant in die buiteland nog nie oop nie.

  

Só herstel omset mettertyd

Al die restaurante in die Spur Corporation-groep wat wel sake doen, het in September 73,8% van die omset behaal wat in September 2019 behaal is. Dis ’n reuseverbetering van die 36,5% in Julie en 56,7% in Augustus – om nie te praat nie van die 12,8% in Mei.

  • Spur Steak Ranches se omset in September was 72,1% teenoor die vorige jaar, teenoor 8,8% in Mei, 12,8% in Junie, 34,6% in Julie en 56,2% in Augustus.
  • Die sterkste prestasie is gelewer deur The Hussar Grill teen 93,7% en RocoMamas teen 86,5%.
  • Die groep se pizza-en-pasta-restaurante (Panarottis en Bella Casa) herstel traer, teen 63,2% van die vorige jaar se omset.
  • Internasionale restaurante se omset is 83,9% van die vorige jaar se omset.

Pierre van Tonder, uittredende uitvoerende hoof van die Spur Corporation, sê die herstel in omset ná die strengste fases van die inperking het die bestuur se verwagtinge oortref. “Die verbeterende maandelikse groeitendens is veral bemoedigend in die stram verbruikersomgewing waarin besteding onder enorme druk is.”

Hy sê egter dit lyk asof mense ná maande van inperking en beperkte sosiale interaksie daarna hunker om veilig saam met hul gesin uit te eet.

  

Toegewings aan franchisehouers

Spur staan steeds toegewings aan sy franchisehouers toe, maar het die afslag op franchise- en bemarkingsgeld in September verhoog. Hulle moes in September 4% van hul omset as franchisegelde betaal en 2% van hul inkomste aan bemarkingsgeld.

Dis teenoor 5% en 4% vóór die inperking.

Dié geld is middel Maart en in April heeltemal opgeskort en was daarna onderskeidelik 3% en 1%.

Soortgelyke afslag is aan ander restaurante in die groep toegestaan, en ook dié geld gaan mettertyd verhoog word soos restaurante se omset begin herstel.

Resultate

Spur Corporation benut die JSE se toegewing dat resultate later as gewoonlik ná maatskappye se boekjaareinde ingedien mag word en reik die resultate vir die jaar tot einde Junie eers op 20 November uit.


Meer oor:  Spur Corporation  |  Spur  |  Rocomamas  |  Pierre Van Tonder  |  Staat Van Inperking  |  Inperking  |  Kitskos  |  Covid-19  |  Kos  |  Koronavirus  |  Restaurante  |  Kosaflewering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.