Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
IDC raak stuk-stuk ontslae van sy staalbelange
Gerolde staal wat deur Scaw Metals vervaardig is. Foto: Scaw

Die Industrial Development Corporation (IDC) raak uiteindelik ontslae van die metaalonderneming Scaw, wat die laaste paar jaar soos ’n albatros om sy nek hang. Die Mededingingstribunaal het die afgelope week die transaksie tussen Barnes Southern Palace (BSP) en Scaw SA met sekere voorwaardes goedgekeur.

Die IDC sê die waarde van die transaksie is vertroulik. Die korporasie, wat voor die transaksie ’n beherende aandeel van 74% in Scaw gehad het, se belang is nou verminder tot 26%.

Scaw bestaan uit vier diverse afdelings: warmgewalste produkte, draadstang-produkte, staalprodukte vir maalwerk, asook produkte wat gegiet is.

BSP, ’n beleggingsbeheermaatskappy in swart besit met belange in eiendom, nywerheidsmaatskappye, inligtingstegnologie, mynbou en konstruksie, het ’n belang in die afdelings vir warmgewalste en draadstang-produkte gekoop.

Scaw het in die 2016-boekjaar ’n verlies van R1,1 miljard gely en in 2017 R787 miljoen. Op die IDC se resultate-aanbieding verlede jaar het hy aangedui hy gaan voort met die herstrukturering van Scaw Metals in drie alleenstaande entiteite waarvoor hy ’n strategiese ekwiteitsvennoot vir elk wil vind.

Chimwemwe Mwanza, IDC-woordvoerder, sê dit was moeilik om ’n ekwiteitsvennoot te vind met die kernvaardighede vir al die afdelings. Daar is toe besluit op drie alleenstaande eenhede.

Die proses om afsonderlike strategiese vennote te vind vir die afdeling vir maalprodukte en die een vir gietwerk gaan voort, sê Mwanza.

Die Mededingingstribunaal sê weens kommer oor inligting wat gedeel kan word, is die transaksie goedgekeur met sekere voorwaardes. Die tribunaal het ook voorwaardes oor indiensneming gestel. Die entiteit moet ook ná die samesmelting steeds klein staalmeulens van produkte voorsien. 

Meer oor:  Mededingingstribunaal  |  Idc  |  Vervaardiging  |  Ekonomie  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.