Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Iemand wil wraggies ‘Covid’ ’n handelsnaam maak
covid-19
Meer as 460 000 mense in die wêreld is al met Covid-19 besmet. Foto: Getty Images

’n Pandemie en ramptoestand is duidelik nie genoeg om te verhoed dat mense wil wins maak uit die Covid-19-uitbreking nie.

Die Suid-Afrikaanse handelsnaamkantoor het tussen 3 en 16 Maart aansoeke ontvang om “Corona Guard”, “Covidban” en “Corona Care” as handelsname te registreer.

Bernadette Versfeld, prokureur van Webber Wentzel, skryf Donderdag in ’n verklaring dat “Covid” nie ’n handelsnaam kan wees nie.

“Daar is altyd opportuniste wat wil jaag om ’n handelsnaam te registreer en dié keer wil hulle wins maak uit die grootste nuusgebeurtenis van ons tyd,” sê Versfeld.

Al drie aansoeke is vir farmaseutiese produkte.

Een produk word beskryf as ’n “anti-virale” handreiniger.

“Corona of Covid is perfekte voorbeelde van swak handelsname gegewe dat hulle geheel en al beskrywend is van die goedere wat die besighede wil bemark,” sê Versfeld.

Volgens haar kan niemand ’n monopolie op hierdie woorde hê nie, en veral nie gegrond op die soort produkte waarvoor dit nou beoog word nie.

Versfeld dink dit gaan baie interessant wees om te sien wat die owerheid te sê het oor die aansoeke, maar sy verwag dat nog talle soortgelyke aansoeke op pad is soos die Covid-19-uitbreking vererger.

Nog ’n stokkie voor die besighede se planne is egter dat Constellation Brands reeds die handelsnaam “Corona” besit vir die bier wat hy invoer en bemark. Corona is ’n produk van Anheuser-Busch InBev.

Dié maatskappy sal dus die aansoeke op sy eie ook kan teenstaan.

“Ons kan maar net hoop dat daar meer vindingryke en unieke idees sal wees vir produkte wat help om Covid-19 te bekamp.”

Meer oor:  Webber Wentzel  |  Covid-19  |  Maatskappye  |  Koronavirus  |  Handelsnaam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.