Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Iets kook tussen Spur, ‘Burger King’
Foto ter illustrasie.

Iets braai tussen die Spur Corporation en Grand Parade Investments (GPI), wat die meesterlisensie vir Burger King in Suid-Afrika besit.

Albei maatskappye het Maandag in ’n Sens-verklaring omsigtigheidsverklarings uitgereik oor onderhandelinge met betrekking tot GPI se Spur-aandele.

GPI besit ’n belang van 17,5% in Spur.

Nie een van die twee dui aan of GPI nóg Spur-aandele wil koop of dalk van sy Spur-aandele wil verkoop nie.

Spur Corporation besit onder meer Spur Steak Ranches, Panarottis Pizza Pasta, John Dory’s Fish Grill Sushi, The Hussar Grill, Casa Bella, Captain DoRegos and RocoMamas.

GPI word as Spur se bemagtigingsvennoot beskou.

GPI was die afgelope jaar in die nuus nadat minderheidsaandeelhouers gekla het die groep bedryf te veel kosbelange. Sedertdien het GPI sy takke van Dunkin’ Donuts en Baskin-Robbins, twee Amerikaanse handelsname waarvan hy die meesterlisensie bekom het, laat likwideer omdat hulle enorme verliese gely het.

GPI het sy fortuin gemaak in dobbelbelange.

Die maatskappy se medestigter, Hassen Adams, het onlangs sy uitvoerende amp op die direksie prysgegee en is nou nie-uitvoerende voorsitter.

Heelwat senior personeel het die afgelope paar jaar by GPI die pad gevat, insluitend die een uitvoerende hoof ná die ander.

Meer oor:  Burger King  |  Spur  |  Grand Parade Investments  |  Burgers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.