Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
IMF-geld sal nie vir SAL gebruik word, sê Pravin

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, sê niks van die geld wat van die Internasionale Monitêre Fonds (IMF) geleen word, sal as reddingsboei vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens gebruik word nie.

Dit kom ná ’n waarskuwing deur Peter Attard Montalto, hoof van kapitaalmarknavorsing by Intellidex, nadat die IMF Maandag ’n lening van $4,3 miljard of sowat R70 miljard aan Suid-Afrika toegestaan het.

Montalto meen dat as Suid-Afrika nie hou by sy verbintenis om sy skuld te verminder nie, sal die land binne twee tot drie jaar weer bakhand by die IMF moet gaan staan.

En dan sal dit nie ’n noodlening wees sonder streng voorwaardes oor hoe die staat sy geldsake moet bestuur nie, het Hanlie Stadler Woensdag berig.

Gordhan het ook gereageer op vrae Woensdag in ’n sitting van die Nasionale Vergadering om te stem oor die spesiale aangepaste begroting wat Tito Mboweni, minister van finansies, verlede maand in die lig van die Covid-19-krisis ter tafel gelê het.

Pravin Gordhan Foto: Argiewe

Opposisielede van die parlement het ’n bespottings gemaak van die pogings om ’n nuwe lugdiens tydens die Covid-19-pandemie te begin – maar Gordhan het gesê die regering se doelwit is om ’n lewensvatbare, volhoubare en mededingende lugdiens te hê.

“Ek moet soveel as moontlik werkgeleenthede beskerm en soveel as moontlik vaardighede behou, en daar moet uiteindelik geen afhanklikheid van die staatskas wees nie. Dit beteken die einde van reddingsboeie en nie die begin van reddingsboeie nie.

“Die IMF-geld gaan nie vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens aangewend word nie. Ek dink die minister van finansies het dit duidelik gemaak,” het Gordhan gesê.

Hy sê potensiële beleggers wat belangstelling getoon het om in die SAL te belê, sal oorweeg word.

“Dit word tans herevalueer en wanneer ons sekere besluite geneem het, sal ons dit aankondig.”

Gordhan en Mboweni het hulself daartoe verbind om geld te vind vir die SAL, maar daar is geen duidelikheid oor waar die geld vandaan sal kom nie.

Montalto het gesê die IMF-lening word toegestaan vir “fiskale steun”, maar daar word algemeen aanvaar dat dit bedoel is vir die stryd teen die Covid-19-pandemie en om die ekonomiese impak van die staat van inperking te versag.

Geen uitdruklike voorwaardes is aan die lening gekoppel soos wat gebruiklik met IMF-reddingsboeie is nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.