Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Infacare, S-26 binne weke in Franse hande

Aspen Pharmacare se aandeelprys het Vrydagoggend met byna 7,5% opgeskiet nadat die farmaseutiese maatskappy aangekondig het hy het alle nodige goedkeuring van regerings en derde partye gekry om sy babakosafdeling te verkoop.

Aspen Pharmacare het die laaste jawoord gekry wat ’n groot transaksie moontlik maak.

Nieu-Seeland se beleggingsowerheid het goedkeuring gegee dat Aspen sy gesamentlike onderneming vir die vervaardiging van S-26-babaformulemelk in dié land aan die Franse reus Lacatlis verkoop.

Dis deel van die groter transaksie waarin Aspen ook sy Suid-Afrikaanse formulemelkfabriek, waar Infacare vervaardig word, aan Lactalis verkoop.

Die verkoop transaksie van sowat €739,8 miljoen is in September 2018 aangekondig. Aspen gaan van dié geld gebruik om sy Nieu-Seelandse vennoot uit te koop voor Lactalis se verkryging.

Lactalis, wat voorheen bekend gestaan het as Besnier, besit onder meer die suiwelprodusente Parmalat en Président. Parmalat Suid-Afrika is deel van dié groep.

Suid-Afrika se Mededingingskommissie het die transaksie op 21 Februarie goedgekeur. Lactalis het vroeër onderneem om geen werknemers af te lê nie.

Aspen sê oorblywende voorwaardes vir die transaksies is binne die twee partye se beheer. Die transaksie sal na verwagting op 31 Mei voltrek word.

Aspen wil voortaan op sy kernsake – farmaseutiese middels – fokus. Aspen vervaardig en versprei onder meer middels teen hoë bloeddruk en bloedklonte, asook vir narkose en chemoterapie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.