Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Inperking: Firma gee gratis regsraad aan maatskappye
Strata-g het ’n noodlyn waar hy gratis regsadvies aan sakeondernemings oor Covid-19 gee.Foto: Pixabay

Die regsfirma Strata-g Labour Solutions gaan gratis regsadvies aan Suid-Afrikaanse maatskappye, entrepreneurs en individue bied te midde van die staat van inperking.

Tertius Wessels, ’n advokaat en direkteur van dié maatskappy, sê in ’n verklaring die staat van inperking laat ernstige arbeidsverwante vrae ontstaan oor die regte en verpligtinge van werkgewers in dié tyd ten opsigte van die welstand van hul werknemers en hul eie ondernemings.

Die maatskappy het besluit om ’n noodlyn beskikbaar te stel waar maatskappy gratis hulp kan kry oor vrae soos hoe die “geen werk, geen betaling”-beleid werk, hoe om eise by die Werkloosheidsversekeringsfonds in te dien, en hoe om kwessies soos afleggings, verlof en salarisse te hanteer.

“As deel van ons verbintenis om terug te gee aan korporatiewe Suid-Afrika gedurende hierdie moeilike tyd, strewe die Strata-g-span daarna om soveel moontlik ondernemings te help om hulle en hul werknemers se wetlike regte te verstaan,” sê Wessels.

Ses Strata-g-konsultante sal elke dag tussen 08:00 en 17:00 beskikbaar wees om arbeidsverwante vrae te antwoord.

Wessels kan op 079 887 0742 of by ir@strata-g.co.za gekontak word.

Meer oor:  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.