Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Insleepdienste ‘sal AA wys wie beheer die strate’

Insleepdienste dreig met ’n landwye staking teen die Automobiel-Assosiasie (AA) omdat die AA volgens hulle die bedryf ondergrawe.

Collins Khumalo, uitvoerende hoof van die AA. Foto: Elvira Wood

“Ons gaan ’n nasionale staking hê en wys wie beheer die strate,” het Wesley Douglas van die Suid-Afrikaanse Insleepraad Woensdag op ’n mediakonferensie van die AA gesê.

Hulle gaan van Woensdag af geen motors wat deur King Price verseker is, insleep nie. Dié versekeraar werk saam met die AA.

Die AA het sy dienstehandves op ’n mediakonferensie bekend gemaak, maar dit het in ’n woordewisseling tussen hom en afgevaardigdes van verskeie insleepverenigings ontaard.

Ettienne Pel, voorsitter van die Verenigde Insleepdiensvereniging van Suid-Afrika. Foto: Elvira Wood

Douglas het die AA en King Price daarvan beskuldig dat hulle tariewe manipuleer en dat dit tot die ondergang van ondernemings lei.

“Julle gebruik jul handelsnaam en bestaande strukture om op kommersiële vlak met ons mee te ding.”

Volgens Ettienne Pel, voorsitter van die Verenigde Insleepdiensvereniging van Suid-Afrika, betaal die AA insleepdienste minder as wat hy van versekeraars kry.

Hy het gesê die AA het nie die reg om aan die insleepsektor voor te sê hoe hy moet optree nie. “Julle is nie ’n insleepvereniging nie.”

Wesley Douglas van die Suid-Afrikaanse Insleepraad.Foto: Elvira Wood

Hulle is omgekrap omdat die AA die dienstehandves sonder hul samewerking opgestel het. Volgens hulle onderdruk die AA die sektor, pleks daarvan om ’n konstruktiewe bydrae te lewer.

Collins Khumalo, uitvoerende hoof van die AA, het vure probeer doodslaan en gesê dat hy ondanks dié verenigings se beskouing met die dienstehandves voortgaan. Die handves het volgens hom ten doel om transformasie en volhoubaarheid in die sektor te bewerkstellig. Hy het die handves op die konferensie onderteken.

Afgevaardigdes van insleepverenigings het dit egter nie onderteken nie.

“Ons het glad nie hierdie dokument voor die tyd gesien nie. Ons gaan nie ’n handves onderteken wat net daar is om die AA se reputasie en handelsnaam te steun en nie die hele sektor bevoordeel nie,” het Pel gesê.

Meer oor:  Automobiel-Assosiasie  |  Aa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.