Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Invoerder wil só help met mediese gesigmaskers
Die mediese gesigmaskers wat eenmalig gebruik kan word, en wat Syntech in grootmaat invoer om in Suid-Afrika te versprei. Foto: Verskaf

Die Kaapse verspreider Syntech vra ondernemings om in grootmaat by hom maskers te bestel vir werknemers wat noodsaaklike dienste lewer en vir kwesbare gemeenskappe.

Syntech bestaan al 17 jaar en het begin met ’n projek om mediese maskers in grootmaat in te voer om die private sektor en die nasionale departement van gesondheid by te staan om maskers te voorsien aan diegene wat dit die nodigste het, lui ’n verklaring.

Ryan Martyn, medestigter van Syntech, sê hulle verwerk tans net grootmaatbestellings om te verseker dat logistieke infrastruktuur nie deur die vraag verlam word nie.

“Ons maak staat op ons klante om te help om kleiner hoeveelhede aan mense te versprei wat dit benodig of wil hê.”

Die maskers waarna hy verwys, is dié wat net een keer gebruik kan word.

Daar is twee soorte maskers vir mediese doeleindes – ’n mediese gesigmasker en die N95-gasmaskers (asemhalingstoestel).

As ’n bestelling van ’n minimum van 2 000 maskers by Syntech geplaas word (vir watter doeleindes ook al), sal die maatskappy 200 mediese gesigmaskers gratis aan die kantoor van die direkteur-generaal van gesondheid stuur om aan sy personeel te versprei.

“As ons land saamwerk en ’n miljoen maskers bestel, kan ons 100 000 maskers gratis weggee.”

Volgens Martyn neem Syntech grootmaatbestellings vir ’n minimum van 2 000 teen R14 per masker of R28 000 per boks.

Hy sê dieselfde maskers word teen R30 elk in kleinhandelwinkels verkoop.

“Die maskers is vir eenmalige gebruik en wat gebruik moet word deur mense wat reeds die virus onder lede het, en diegene wat vir siek mense sorg, om die kans van oordrag te verminder. Dit is omdat die gesigmaskers doeltreffend is om te voorkom dat die draer sproei oordra as hy hoes of nies.”

Die maskers is vir eenmalige gebruik en wat gebruik moet word deur mense wat reeds die virus onder lede het, en diegene wat vir siek mense sorg, om die kans van oordrag te verminder.

Hy het ook benadruk dit is nie nodig om ’n masker te dra as jy gesond is nie, behalwe as jy iemand versorg wat die virus het.

“As die gebruik van die maskers hiertoe beperk word, sal daar genoeg maskers wees vir gesondheidswerkers en diegene wat siek is. Só kan die verspreiding van die virus in gemeenskappe verminder word.”

Die eerste 500 000 mediese gesigmaskers is reeds bestel en gaan hopelik volgende week in Suid-Afrika aankom.

Martyn sê alles word per lugvervoer ingevoer.

“Die grootste probleem op die oomblik is dat vragversenders sukkel om plek op vliegtuie te kry omdat vlugte na Suid-Afrika beperk is.”

Om spasie te maak op vlugte het vragversenders ’n direktief van die regering gekry om nienoodsaaklike produkte af te laai, volgens hom.

Gewoonlik word die produkte wat Syntech invoer, verskeep, maar omdat die produkte so dringend is, is dit nie ’n opsie nie. Martyn sê dit is tans ook baie moeilik om vraghouerspasie op skepe te kry.

Meer oor:  Syntech  |  Gesondheidsorg  |  Covid-19  |  Gesigmaskers  |  Gesondheid  |  Koronavirus  |  Maskers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.