Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Iqbal se AEEI val 17% ná probleme met banke

Die aandeelprys van die African Equity Empowerment Investments (AEEI) het Vrydag skerp met 17% laer gesluit.

Dr. Iqbal Survé Foto: Gallo Images

AEEI het beleggers ná die sluiting van die mark daarop gewys dat FNB sy groot filiaal se bankrekening gesluit het, maar dat sy eie bankgeriewe nie geraak word nie.

Dit kom nadat Absa sy verhouding met AEEI en 23 van sy filiale beëindig het.

Ayo het Donderdag in ’n verklaring op die nuusdiens van die JSE ook beleggers ingelig dat FNB sy bankrekening gaan sluit. Die bankrekening word op 3 Mei gesluit.

LEES OOK: Absa sluit 24 rekeninge van Iqbal Survé se Ayo

AEEI se aandeelprys het met 23c tot R1,10 geval.

Iqbal Survé se familietrust is die beherende aandeelhouer in Sekunjalo Investment Holdings, wat op sy beurt die meerderheidsbelang in AEEI besit.

Ayo het in ’n verklaring gesê ’n dringende hooggeregshofaansoek is gebring om FNB te verbied om sy bankrekening te sluit.

FNB het geen rede aan Ayo verskaf vir die stap nie.

“Ayo glo FNB se besluit is onregverdig, veral aangesien verskeie maatskappye wat erken het dat hulle bedrog en korrupsie gepleeg het en die onderwerp van voortgesette ondersoeke is, steeds sy kliënte is. Die optrede van FNB is strydig met die verpligting om kliënte billik te behandel.”

Ayo sê FNB se optrede loop die gevaar om as gekant teen die swart transformasie van die sakesektor beskou te word.

Die maatskappy sê nie hy of enige van die bestuur is aan korrupsie skuldig bevind nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.