Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Is dié Old Mutual se keuse vir permanente hoof?
Iain Williamson, waarnemende uitvoerende hoof van Old Mutual. Foto: Old Mutual

Old Mutual soek al sedert 17 Junie 2019 ’n nuwe permanente uitvoerende hoof nadat hy ontslae geraak het van sy omstrede hoof, Peter Moyo.

Tot dusver is geen kortlys van kandidate nog amptelik bekend gemaak nie.

Donderdag het dit bekend geword dat een van die moontlike kandidate nou ’n posisie beklee wat dalk daarop dui dat hy ’n sterk kans staan om as permanente hoof aangewys te word.

Iain Williamson is op 18 Junie 2019 aangewys as waarnemende uitvoerende hoof van Old Mutual.

Luidens ’n kort verklaring Donderdag op die JSE se nuusdiens, Sens, is Williamson aangewys as Old Mutual se verteenwoordiger in Nedbank – waarin Old Mutual ’n belang het – se direksie.

“Die aanstelling van Williamson is ingevolge die verhoudingsooreenkoms wat voorheen tussen Old Mutual en Nedbank gesluit is, en wat voorsiening maak dat Old Mutual een direkteur tot die direksies van die maatskappye moet benoem solank Old Mutual se aandeelhouding gelyk aan of groter is as 15% in die Nedbank-groep,” luidens die Sens-verklaring.

Williamson sal dus nou in ’n amptelike hoedanigheid Old Mutual se belange in Nedbank se direksie verteenwoordig, wat hom beduidende gesag gee.

Tabby Tsengiwe, woordvoerder van Old Mutual, wou nie bevestig of ontken dat Williamson op die kortlys van kandidate vir die permanente pos van uitvoerende hoof is nie.

Sy het by navraag bloot gesê Old Mutual het die reg om iemand in Nedbank se direksie te benoem as sy verteenwoordiger en Williamson was hul “beste keuse”.

Volgens Old Mutual is die soektog na ’n permanente hoof nog aan die gang.

Volgens Tsengiwe sal Old Mutual belanghebbendes in kennis stel van hoe die werwingsproses vorder, maar eers in ’n later stadium.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.