Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Isuzu-bakkie word 40 jaar oud in SA
’n Isuzu-model van 1978 is steeds op Namakwalandse paaie in aksie. Foto: ISUZU

Die Isuzu-bakkie, ’n kanniedood-vervoermiddel op talle plase en plattelandse paaie, vier vanjaar sy 40ste verjaardag in Suid-Afrika.

Plaaslike produksie van die Japannese bakkie is in 1978 by General Motors se fabriek in Kempstonweg in Port Elizabeth begin.

Die eerste bakkie is teen R3 485 verkoop vir die 1,6-liter petrolenjin-model en R4 295 vir die 2-liter-dieselbakkie.

Johan Vermeulen, groepbestuurder vir vervaardiging en voorsieningsketting van Isuzu Motors Suid-Afrika, sê die Isuzu-bakkie het oor die jare verander, maar bly steeds een van Suid-Afrika se gunsteling- ligte handelsvoertuie.

“Ons het produksie by die Kempstonweg-aanleg begin waar ons vyf generasies van bakkies vervaardig het voordat ons na die meer moderne Struandale-aanleg geskuif het waar die sesde generasie gebou word.”

Vier verskillende generasies Isuzu-bakkies langs mekaar by ’n geleentheid in Vredendal, Wes-Kaap.Foto: ISUZU

Volgens Vermeulen was die Isuzu-bakkie die eerste een in Suid-Afrika met tandrandaandrywing (rack-and-pinion) en onafhanklike vering aan die voorkant. In die 1990’s was Isuzu ook die eerste bakkievervaardiger wat dubbelkajuitbakkies na die Suid-Afrikaanse mark gebring het.

Die bakkie het verskeie toekennings gewen in plaaslike uithouritkompetisies. In 2010 het Isuzu-bakkies 15 snelheid- en afstandrekords by die Gerotek-kompetisie gehaal. Die jongste generasie Isuzu-bakkie is in 2013 bekend gestel. Meer as 600 000 Isuzu-bakkies is oor die afgelope 40 jaar in die land gebou.

Meer oor:  Isuzu  |  Bakkies  |  Motorbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.