Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Isuzu belê miljarde om nuwe bakkies te bou

Die Japanse motorvervaardiger Isuzu gaan R1,2 miljard belê om Suid-Afrika se ekonomie en pres. Cyril Ramaphosa se beleggingsveldtog met derduisende nuwe bakkies te ondersteun.

Die nuwe, sesde generasie Isuzu D-Max op die produksielyn in Isuzu se Struandale-aanleg in Port Elizabeth. Foto: Verskaf

Isuzu Japan sê Maandag in ’n verklaring dat sy enorme belegging mik om plaaslike produksie van ’n “nuwegenerasie”-bakkie te versnel tot 29 000 eenhede per jaar.

Dit gaan ’n bykomende R2,8 miljard se waarde tot die ekonomie voeg, sê Isuzu.

Die motorvervaardiger het onlangs weer ten volle besit van sy plaaslike handelsnaam oorgeneem nadat General Motors hom aan Suid-Afrika onttrek het.

Isuzu het die beleërde afdeling vir ligte handelsvoertuie en vragmotors van sluiting gered. Sodoende het 1 000 werknemers nie hul werk verloor nie, en ’n bykomende 4 000 onregstreekse poste is gered.

Die motorvervaardiger sê dié besluite is hoofsaaklik geneem vanweë die vertroue wat hy in die regering se harde werk en goeie planne vir die motorbedryf plaas.

Joitsji Masoeda, senior uitvoerende beampte vir Isuzu en voorsitter van Isuzu Suid-Afrika, sê: “Ons besluit om in die produksie van die volgende generasie bakkie in Suid-Afrika te belê, is ’n bewys van ons toewyding tot dié mark.”

Masoeda verduidelik ook sonder die regstreekse ondersteuning sou Isuzu nie lewensvatbaar in die plaaslike mark kon uitbrei nie.

Hy sê ook die visie van die departement van handel, nywerheid en mededinging se meesterplan vir die motorbedryf verskaf beleidsekerheid.

Die meesterplan beoog, onder meer, dat Suid-Afrika teen 2035 1% van die wêreld se motors vervaardig. Dit sal beteken vervaardiging moet meer as verdubbel en baie nuwe tegnologie word vereis.

Tans is plaaslike motorvervaardigers verantwoordelik vir 7% van die land se bruto binnelandse produk (BBP) en 14% van alle uitvoer. Met 100 000 poste wat hierdeur geskep word, probeer die meesterplan verseker dat dié bedryf nie net oorleef nie, maar enorm groei.

Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, het die aankondiging verwelkom en gesê dit sal ’n geweldige bydrae tot veral die beleggingsveldtog van Ramaphosa lewer.

Meer oor:  Isuzu  |  Aanleg  |  Motorvervaardigers  |  Beleggings  |  Vervaardiging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.