Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Isuzu brei PE-aanleg met miljarde rande uit

Die opgradering van Isuzu se Struandale-aanleg in Port Elizabeth is op dreef en is nou gereed om ’n nuwe generasie van bakkies plaaslik te vervaardig.

Die nuwe generase Isuzu D-MAX bakkie. Foto: Verskaf

Die Japanse motorvervaardiger, wat weer volle besit geneem het van sy plaaslike handelsnaam nadat General Motors hom aan Suid-Afrika onttrek het, berei hom nou voor om sy nuwe D-MAX-reeks bakkies in Port Elizabeth te vervaardig.

Isuzu Japan het reeds in November aangekondig dat hy ’n regstreekse belegging van R1,2 miljard gaan maak sodat Isuzu Suid-Afrika nie meer die nuwegenerasiebakkies slegs deur middel van invoer hoef te bekom nie.

Volgens Dominic Rimmer, Isuzu Suid-Afrika se senior adjunkpresident van tegniese bedrywighede, het nuwe programme van hierdie aard en omvang ingewikkelde vereistes, wat die lokalisering van ’n reeks uiteenlopende komponente en stelsels, die aanstelling van plaaslike verskaffers en die wysiging van die vervaardigingsfasiliteite insluit.

“Ons span vir die projekbekendstelling werk teen ’n versnelde pas en ons verwag dat ons in die tweede helfte van 2021 gereed sal wees om die eerste eenhede van die produksielyn se sien kom,” sê Rimmer.

Die sewende generasie D-MAX-bakkie beskik oor ’n reeks verbeteringe wat dit ’n baie groter mededinger vir sy vernaamste kompetisie, die Toyota Hilux en Ford Ranger, maak.

Behalwe vir ’n reeks visuele verfrissings is die beste nuus die opknapping van die drieliter-turbodieselenjin. Die ou eenheid (130 kW, 380 Nm) het maar klippe gekou teen sy hedendaagse mededingers wat met ’n kleiner slagvolume selfs meer krag kon losdraai.

In die nuwe, opgeknapte weergawe van die drieliter lewer die enjin nou 140 kW (+10 kW) en 450 Nm se wringkrag (+70 Nm), wat die bakkie met die groot honde laat saamdraf.

Meer oor:  Isuzu  |  Bakkies  |  Motorvervaardigers  |  Beleggings  |  Vervaardiging  |  Nywerhede  |  Werkskepping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.