Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Italtile boos toe verkryging gekelder word
Nick Booth, uitvoerende hoof van Italtile.

Die genoteerde kleinhandelgroep Italtile het Donderdag sterk kapsie gemaak teen ’n besluit van die Mededingingskommissie om ’n transaksie met Ceramic te verbied.

Italtile het in April ’n aanbod gedoen om sy grootste verskaffer, Ceramic Industries, teen R3,75 miljard te koop.

Italtile is Suid-Afrika se grootste kleinhandelaar van ingevoerde en plaaslik vervaardigde keramiek en porseleinteëls, badkamerbykomstighede en ander verwante produkte.

Sy groot kettingwinkels sluit CTM, Italtile en Top T in. Ceramic word beskryf as die grootste vervaardiger van voer- en muurteëls in Suid-Afrika.

Die Mededingingskommissie sê ná die transaksie gaan die partye ’n aansporing hê om net aan hulself te verskaf en dit kan daartoe lei dat hul mededingers sluit.

Daar is veral nie werklik enige alternatiewe vir mededingers van Italtile om produkte te bekom indien die partye ná die samesmelting pryse verhoog, hul voorraad verminder of bloot weier om produkte aan hulle te verkoop nie.

Dit is moeilik om die mark te betree om ’n verskaffer van teëls en ander produkte te word.

Die kommissie het glo ook wesenlike kommer van deelnemers in die mark ontvang.

“Die kommissie is bekommerd dat die samesmelting in ’n mark is wat reeds hoogs gekonsentreerd is. Die samesmelting sal hul posisie só konsolideer dat hulle aansporinge gaan hê om mededingers in die kleinhandel toegang tot produkte soos teëls en sanitêre ware te weier.

“Dit is belangrik dat verbruikers van hierdie produkte mededingende pryse en keuses geniet,” het Hardin Ratshisusu, die adjunkkommissaris, gesê.

Die direksie van Italtile en Rallen – die meerderheidsaandeelhouer in sowel Italtile as Ceramic – het sterk teenkanting teen die uitspraak uitgespreek.

Hulle het in ’n verklaring gesê dat die kommissie se besluit gegrond is op verkeerde inligting en dat hy beheer verkeerd beoordeel en sy bevindinge gevolglik verkeerd is.

Italtile gaan nou die Mededingingstribunaal nader om die samesmelting te oorweeg soos hy ingevolge die Mededingingswet kan doen.

Italtile het voorheen gesê hy wil al Ceramic se aandele koop wat hy nog nie besit nie.

Rallen en Italtile het al in 2012 ’n belang van 27,1% van Ceramics gekry en dié maatskappy is daarna gedenoteer.

Vier jaar gelede is gesê die Ravazzotti-familietrust van wyle Giovanni Ravazotti, stigter van Italtile, hou 60% van Rallen. Hy het Italtile in 1969 gestig.

Meer oor:  Italtile
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.