Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Italtile teël pad om Ceramic te koop
Die Kilimanjaro-teëls word deur Ceramic vir Italtile vervaardig. Die foto is in die CTM in Northriding geneem.

Die genoteerde kleinhandelgroep Italtile het ’n aanbod gedoen om sy grootste verskaffer, Ceramic Industries, teen R3,75 miljard te koop.

Italtile is Suid-Afrika se grootste kleinhandelaar van ingevoerde en plaaslik vervaardigde keramiek- en porseleinteëls, badkamerbykomstighede en ander verwante produkte.

Italtile se groot kettingwinkels sluit in CTM, Italtile en Top T, wat altesame 141 winkels het.

Ceramic word beskryf as die grootste vervaardiger van voer- en muurteëls in Suid-Afrika.

Italtile het in Februarie sy eerste omsigtigheidsverklaring uitgereik.

Die maatskappy het Dinsdag gesê hy wil al Ceramic se aandele koop wat hy nog nie besit nie. Dit sluit uit die tesourie-aandele en die aandele wat aan David Robert Alston, Lance Andrew Foxcroft en Tshepo Molefakgotla uitgereik is. Hulle is onderskeidelik finansiële hoof, uitvoerende hoof en bedryfshoof van Ceramics.

Die oorblywende sowat 75% van die uitgereikte aandeelkapitaal van Ceramic gaan gekoop word deur 50% kontant en die res in Italtile-aandele wat teen R11,57 per aandeel uitgereik gaan word.

Italtile het in ’n verklaring gesê om sy ander aandeelhouers en minderheidsaandeelhouers billik te behandel en hulle die geleentheid te gee om te keer dat hul aandeelhouding verwater, gaan ’n afwysbare regte-uitgifte aan hulle gedoen word. Ingevolge die aanbod gaan 22 aandele vir elke 100 aandele wat in Italtile gehou word, aan hulle gebied word.

Die verhouding van aandele is gegrond op die getal Italtile-aandele wat Rallen – die huidige minderheidsaandeelhouer van Ceramic en die meerderheidsaandeelhouer van Italtile – in die transaksie gaan kry vergeleke met die getal Italtile-aandele wat hy besit.

Rallen en Italtile het al in 2012 ’n belang van 27,1% van Ceramics gekry en dié maatskappy is daarna gedenoteer.

Vier jaar gelede is gesê die Ravazzotti-familietrust van Giovanni Ravazotti, stigter van Italtile, hou 60% van Rallen. Hy het Italtile in 1969 gestig.

Rallen het onderneem om nie sy regte op te volg of te verkoop nie.

Die verkryging van Ceramic gaan plaasvind deur ’n reëlingskema.

Die grootste bates van Ceramic en sy filiale en geassosieerde maatskappye sluit in vyf teëlfabrieke en ’n fabriek wat sanitêre ware vervaardig en een wat akrielbaddens maak. Hy het ook ’n teëlfabriek in Australië.

Italtile glo dit gaan vir albei voordelig wees omdat hul sukses en volhoubaarheid die afgelope twee dekades “onlosmaaklik verweef” is.

Die risiko dat Ceramic net een groot klant het en Italtile net een groot verskaffer het, is as ’n wesenlike risiko vir die maatskappye deur hul risikokomitees uitgelig, voer hulle aan.

Die integrasie van Ceramic in Italtile sal die teëlmaker toegang gee tot beter intydse markinligting sodat hy beter vir produksie kan beplan. Die integrasie van die verskaffingsketting sal doeltreffendheid verbeter en koste verminder.

Meer oor:  Italtile
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.