Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Jan Taks en ombud gaan nouer saamwerk
Regter Bernard Ngoepe, die belastingombud, en Mark Kingon, waarnemende kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, skud hand nadat hulle ’n samewerkingsooreenkoms geteken het.

Jan Taks en die belastingombud gaan kragte saamsnoer om belastingbetalers se probleme op te los.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en die ombud het Vrydag aangekondig hulle het ’n samewerkingsooreenkoms geteken.

“Die ooreenkoms sal ’n enkele platform skep vir die twee instellings om saam te werk wat betref sake van gemeenskaplike belang, sonder om hul onderskeie mandate te oorskry,” sê die twee in ’n gemeenskaplike verklaring.

Regter Bernard Ngoepe, die belastingombud, sê die samewerkingsooreenkoms is ’n stap in die regte rigting om onder meer ’n einde te bring aan onnodige vertragings in die finalisering van belastingbetalers se klagtes.

“Die ondertekende ooreenkoms beteken nie dat ons ywerig te werk sal gaan om belastingbetalers se klagtes teen die SAID te hanteer nie. Ons bly ’n onafhanklike instelling en sal voortgaan om ons mandaat regverdig en onpartydig uit te voer,” sê Ngoepe.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.