Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Jet eersdaags deel van Foschini-stal

Die verkryging van Jet deur The Foschini Group (TFG) het ’n belangrike hekkie oorgesteek.

Jet
Jet moet probeer om meer klere plaaslik te laat vervaardig, vra die Mededingingstribunaal.

Die Mededingingstribunaal het Woensdag die verkryging goedgekeur met die voorwaardes wat voorheen aangekondig is. Dit beteken Jet kan reeds volgende week in dieselfde stal as winkels soos Foschini, Exact, @home, Totalsports, Sportscene en Markham wees.

Die voorwaardes sluit in dat die 4 664 werknemers van die 381 Jet-winkels wat TFG koop, nie vir die volgende twee jaar weens die verkryging afgelê mag word nie. Daarbenewens moet TFG indien nuwe poste ontstaan die volgende drie jaar voorkeur gee aan mense in die res van die Edcon-groep wat hul werk verloor het.

Nog ’n voorwaarde is dat Jet onder die nuwe bestuur minstens dieselfde persentasie klere plaaslik moet koop as wat Jet teen die einde van die vorige boekjaar gedoen het. Daar moet ook probeer word om méér klere van plaaslike vervaardigers en verskaffers te bekom.

Edcon, wat ook Edgars en CNA besit, is in Mei vanjaar in sakeredding geplaas. Die ongenoteerde klerekleinhandelaar Retailability, wat ook Legit en Style besit, het 120 Edgars-takke oorgekoop.

Die Mededingingskommissie het in sy aanbeveling aan die Mededingingstribunaal bevind dat die transaksie nie mededinging in die klerekleinhandel veel sal verminder of voorkom nie.

Edcon het toe die sakeredding begin het, 17 292 heeltydse werknemers en sowat 5 000 tydelike werknemers gehad.

Die verkryging van Edgars deur Retailability en van Jet deur TFG beteken net nagenoeg 42% van dié mense sal hul werk behou.

’n Afleggingsproses is reeds ’n paar maande gelede met al die Edgars-werknemers begin. Die werknemers wat oorbly wanneer al die winkels verkoop is, gaan afgelê word.

Meer oor:  Edcon  |  Tfg  |  Jet  |  Retailability  |  Edgars  |  Foschini  |  Kleinhandelaars  |  Kleinhandel  |  Sakeredding  |  Klere  |  Klerekleinhandel  |  Klerewinkels
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.