Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Jonges ontwerp klere vir PnP se winkels

Drie jong Suid-Afrikaanse ontwerpers se werk gaan vanjaar groter blootstelling kry danksy ’n samewerkingsooreenkoms met Pick n Pay Clothing.

Dié eer het Zarah Cassim en Julia Buchanan, albei beeldende kunstenaars van Kaapstad, en Sipho Mbuto van Durban te beurt geval.

Zarah Cassim se reeks word in Augustus bekend gestel.
Julia Buchanan se klerereeks word in September bekend gestel.
Sipho Mbuto se reekse is al tevore op die SA Modeweek vertoon.

Dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat Pick n Pay Clothing met skeppende kunstenaars saamwerk om van sy reekse meer eksklusief, maar steeds bekostigbaar te maak.

Die ontwerper Gavin Rajah sal as mentor vir die jong ontwerpers optree.

Sy eie reeks sal in November ook in Pick n Pay Clothing-winkels beskikbaar wees.

Hazel Pillay, hoof van Pick n Pay Clothing, het aan Rapport gesê die samewerking behels dat die vervaardigingsproses sover moontlik plaaslik moet wees, “maar die lap self word geweef in China”.

“Dit is omdat daar beperkings is op watter soort stof in Suid-Afrika vervaardig kan word en dit is ook nie kostedoeltreffend nie.”

Pillay hoop die weefproses kan in die toekoms hier plaasvind.

Pick n Pay Clothing spits hom nie slegs toe op klereontwerpers in sy soeke na nuwe talent nie, sê Pillay. “Ons kyk wyer – na ’n poel talentvolle en skeppende individue. Baie kunstenaars verkies om oor verskillende dissiplines heen te werk om vir hulself ’n loopbaan uit te kerf en soveel blootstelling moontlik te kry.”

Cassim, wie se klerereeks in Augustus in winkels beskikbaar sal wees, is ’n skilder en fotograaf van Kaapstad.

“Zarah se reeks is romanties, sag en vroulik en haar reeks word bekend gestel om saam te val met Vrouemaand,” aldus Pillay.

Buchanan, wat ook ’n agtergrond in die beeldende kunste het, se reeks word in September bekend gestel in Pick n Pay se aanlyn klerewinkel. Sy het in 2014 haar eie handelsmerk, Julia, begin en aanvanklik net swemdrag ontwerp, maar in 2019 ook na ander kledingstukke uitgebrei.

Op 24 September word Mbuto se reeks bekend gestel om saam te val met Erfenismaand. Mbuto streef daarna om uniseks-klere te ontwerp. Een van sy reekse is verlede jaar op die SA Modeweek vertoon.

Meer oor:  Pick N Pay  |  Gavin Rajah  |  Mode  |  Kleinhandelaars  |  Klere  |  Klerekleinhandel  |  Kleinhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.