Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Jooste se Mayfair-skuld aan Sanlam nog net R362 m.

Die hoop geld wat die beleggingsvoertuig van Markus Jooste vir Sanlam geskuld het sedert die ineenstorting van Steinhoff se aandeelprys in Desember 2017, is besig om te krimp.

Markus Jooste. Foto: Getty Images

Sanlam sê einde Junie het sy blootstelling aan Mayfair van R800 miljoen ten tye van die ineenstorting van Steinhoff, tot R262 miljoen gedaal.

As rente ingesluit word, is R362 miljoen nog uitstaande.

’n Versigtige benadering word gevolg deur nie die rente in te reken nie, sê Sanlam. Sowat R26 miljoen van die nie-ingerekende rente kom uit die eerste helfte van 2019.

Mayfair was in Desember 2017 baie na aan likwidasie ná ’n hofaansoek van Absa.

Mayfair het in daardie stadium altesaam meer as R1,2 miljard aan Sanlam, Investec en Absa geskuld.

Die maatskappye het in April 2018 ’n reëlingskema met sy krediteure aangegaan vir die terugbetaling van sy skuld. Die hof het dit goedgekeur.

Netwerk24 het in Maart berig die twee Mayfair-beleggingsmaatskappye van Jooste het uitstel tot einde Oktober van sy skuldeisers gekry om sy skuld volgens ’n terugbetalingsplan te betaal. Dit was die tweede keer dat uitstel gekry is.

LEES OOK: Jooste-firmas kry weer uitstel vir skuld.

Kirk het met die uitreiking van die Sanlam-groep se resultate vir die halfjaar tot einde Junie gesê die invloed van die swak ekonomie kan gesien word in die leningsboek vir maatskappye.

Voorsiening van R140 miljoen vir afskrywings van lenings aan talle maatskappye is in die halfjaar gemaak. Dit sluit Mayfair uit.

LEES OOK: Sanlam se Markus Jooste-pyne duur voort.

Wikus Olivier, waarnemende finansiële hoof, sê die groep vertrou dat die Mayfair-maatskappye al hul skuld sal terugbetaal.

Meer oor:  Steinhoff  |  Sanlam  |  Mayfair  |  Markus Jooste  |  Skuld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.