Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Jooste waarsku vriende glo oor Steinhoff-aandele
Tydens Woensdag se verrigtinge het Markus Jooste grootliks die blaam op die Oostenrykse sakeman dr. Andreas Seifert geplaas.

Markus Jooste, Steinhoff International se gewese uitvoerende hoof, het glo sy vriende aangeraai om van hul aandele in die maatskappy ontslae te raak enkele dae voordat die aandeel in vryval gegaan het.

So ’n selfoonboodskap, wat die nuusdiens Bloomberg onder oë gehad het, is in November aan minstens twee mense gestuur.

Hulle is glo gewaarsku dat daar slegte nuus op pad is.

In daardie stadium was Steinhoff in gesprekke met die ouditfirma Deloitte gewikkel.

Die boodskap is onder die aandag van die Suid-Afrikaanse finansiële reguleerder gebring, het twee mense bevestig wat bekend is met die omstandighede. Hulle wil nie geïdentifiseer word nie.

In Desember het Steinhoff bekend gemaak dat daar op rekeningkundige onreëlmatighede afgekom is en dat Jooste bedank het.

Steinhoff se aandeelprys het in een sessie met 63% getuimel.

Jooste het nie gereageer op ’n foonoproep en boodskap om kommentaar te lewer nie.

Callie Albertyn, een van sy prokureurs, het ook nie gereageer op e-posversoeke om kommentaar nie en Steinhoff wou ook nie kommentaar lewer nie.

Die owerheid wat toesig hou oor optrede in die finansiële sektor is besig met ’n omvattende ondersoek na Steinhoff oor moontlike oortredings en misbruik van die mark, het Solly Keetse, hoof van markmisbruik, Woensdag in ’n verklaring gesê.

Hy het gesê alle inligting oor die ondersoek is vertroulik.

Jooste het verlede maand in die parlement gesê hy was nie bewus van enige finansiële onreëlmatighede op die dag wat hy bedank het nie. - Bloomberg

Meer oor:  Steinhoff  |  Markus Jooste  |  Jse  |  Kleinhandelaars  |  Bedrog  |  Kleinhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.