Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Jou Whopper kry dalk ’n nuwe braaier
Burger King se Whopper-burger.

Jou Whopper-burger gaan dalk eersdaags in Suid-Afrika deur ’n ander maatskappy “gebraai” word.

Grand Parade Investments (GPI) het op Sens bevestig dat hy onderhandel oor die verkoop van ’n “wesenlike belang” in Burger King Suid-Afrika.

Hassen Adams, uittredende voorsitter van GPI, het onlangs in sy voorsittersverslag gesê GPI wil die grootste deel van Burger King verkoop ten einde weer slegs ’n beleggingsbeheerfirma te word, eerder as een wat ondernemings self bedryf.

GPI besit die meesterlisensie vir Burger King in die land.

GPI se aandeelprys het met byna 7% geval tot die laagste vlak in byna drie weke nadat die nuus bekend geword het. Dit het daarna effens herstel en was teen 12:00 R3,70.

GPI het die eerste tak van Burger King in 2013 in Kaapstad geopen. In die afgelope boekjaar was Burger King, met ’n wins van R11,7 miljoen, vir die eerste keer tot dusver winsgewend.

GPI het sy sukses met Burger King probeer naboots deur in 2016 Dunkin’ Donuts en Baskin-Robbins in Suid-Afrika bekend te stel, maar dié oliebol- en roomyswinkels het net nie genoeg aftrek gekry nie. Dit is in Februarie gelikwideer.

GPI het in die dobbelbedryf begin sake doen, maar het ook dié belange die afgelope jare afgeskaal.

Meer oor:  Burger King  |  Grand Parade Investments  |  Maatskappye  |  Burgers  |  Kosgroep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.