Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
JSE beboet Pepkor ná ondersoek

Die JSE het vir Pepkor (voorheen Steinhoff Africa Retail) beboet omdat hy sekere noteringsvereistes oortree het.

Dit hou verband met inligting wat Pepkor nie openbaar gemaak het nie.

Pepkor bedryf onder meer Pep en Ackermans.

Die boete beloop R5 miljoen waarvan R1 miljoen vir twee jaar opgeskort word.

Die JSE het in ’n verklaring vroegoggend op die nuusdiens Sens gesê hy het in ’n ondersoek bevind die maatskappy het sy noteringsvereistes op die volgende maniere oortree:

1. Die maatskappy se volfiliaal Pepkor Holdings was deel van ’n groep maatskappye wat Steinhoff Services Beperk se R15 miljard-skuldbriefprogram in die plaaslike mark onvoorwaardelik en onherroeplik gewaarborg het. Die noteringsvereistes is oortree omdat die maatskappy in gebreke gebly het om dié waarborg in sy voornoteringsverslag en in sy jaarstate van 2017 te openbaar.

2. Die maatskappy het deur sy filiale lenings aan direkteure en topbestuur verskaf ingevolge die Pepkor Management Investment Scheme deur die entiteit Business Ventures Investments wat R9 miljoen teen einde September verlede jaar en R18 miljoen einde September 2016 beloop het. Die lenings aan direkteure en personeel is nie in die voornoteringsverslag geopenbaar of in sy finansiële inligting wat in die verslag beskikbaar is nie.

3. Die maatskappy en sy filiale het ’n waarborg verskaf vir derde partye se skuld wat met Business Ventures Investments verband hou en het daardeur teen einde Maart blootstelling van R440 miljoen aan die skuld gehad. Volgens die JSE moes Pepkor hierdie waarborg in sy voornoteringsverslag en in sy historiese finansiële inligting in dié verslag openbaar het, maar hy het nie.

Pepkor het in ’n meegaande verklaring erken die openbaarmaking van die inligting in sy notering was onvoldoende.

“Die direksie en bestuur het proaktief en op deursigtige wyse met die JSE hieroor geskakel en verwelkom die voltooiing van die ondersoek,” het Leon Lourens, uitvoerende hoof, gesê.

“Die maatskappy het intensief gewerk om sy openbaarmaking waar nodig en gepas te verbeter.” 

Meer oor:  Steinhoff  |  Pepkor  |  Jse  |  Boete
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.