Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
JSE beleef blink boekjaar

Die JSE as sakeonderneming het in die afgelope boekjaar sy veerkrag gewys deur sy verdienste met 8% tot R904 miljoen te verhoog teenoor die afname van 9% in die vorige boekjaar.

Die JSE in Sandton, Johannesburg.

Die JSE, die grootste aandelebeurs in Afrika, het sy omset met 1% tot R2,28 miljard verhoog teenoor die daling in 5% van die vorige boekjaar.

Die JSE se primêre mark se omset was 15% laer op R155 miljoen weens aansienlik minder bedrywighede om kapitaal in te samel. Die aantal nuwe noterings vir die jaar was op 12 veel laer as die 21 nuwe noterings van 2017. Die grootte van die individuele noterings was wel gemiddeld groter as 2017 s’n.

Die JSE se mark vir afgeleide aandeelinstrumente, soos indeksfondse, het ook swakker gevaar. Die hoofindeks het sy aantreklikheid as ’n doeltreffende verskansing in die huidige marktoestande verloor, sê die JSE. Die JSE se indeks van alle aandele het oor die loop van 2018 sowat 11% van sy waarde verloor, en die inkomste uit afgeleide aandeelinstrumente het dus tesame daarmee met 16% tot R143 miljoen gedaal.

Die JSE se rentekoersmark, waar vasterente-instrumente soos effekte verhandel word, het wel sy inkomste met 12% tot R56 miljoen verhoog. Die nominale waarde van effekte het ’n rekordhoogtepunt bereik weens internasionale onsekerheid.

jse
Nicky Newton-King, uitvoerende hoof van die JSE.

Nicky Newton-King, uitvoerende hoof van die JSE, sê die maatskappy gaan in April ’n nuwe geïntegreerde verhandelings- en klaringsplatform in bedryf hê.

Die JSE, wat al vir 131 jaar aan die gang is, is een van die 20 top aandelebeurse in die wêreld.

Maar plaaslik kry hy die afgelope paar jaar mededinging van nuwe alternatiewe beurse soos ZAR X en A2X.

Die JSE het ’n gewone dividend van R6,55 en ’n spesiale dividend van R1,85 per aandeel vir die boekjaar verklaar.

Die JSE se aandeelprys (op die JSE) was Donderdag 1,2% laer op R161,53.

Meer oor:  Jse  |  Nicky Newton-King  |  Maatskappye  |  Aandelebeurs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.