Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
JSE maan Survé-firmas oor gesloer met syfers
Dr. Iqbal Survé Foto: Yunus Mohamed

Twee maatskappye onder die vlerk van dr. Iqbal Survé se Sekunjalo-groep is laat met die indien van hul voorlopige verslae by die JSE, en hul notering kan opgeskort word as hulle die verslae nie teen 31 Desember indien nie.

Só waarsku die JSE in ’n Sens-aankondiging Woensdag.

Die maatskappye is African Equity Empowerment Investments (AEEI) en Ayo Technology Solutions.

AEEI was voorheen bekend as Sekunjalo Investments, waarvan Survé in ’n stadium die uitvoerende hoof was.

Ayo is die inligtingstegnologiemaatskappy waarin die Openbare Beleggingskorporasie R4,3 miljard belê het. Dié belegging het onder skerp kritiek deurgeloop omdat Ayo met sy notering in Desember 2017 op R45 verhandel het, maar die aandeelprys het sedertdien tot R5,50 gedaal.

’n Derde maatskappy, Labat Africa, is ook laat met sy voorlopige finansiële state en die JSE waarsku dat die drie maatskappye se aandeelverhandeling opgeskort en hul notering geskrap kan word.

Die voormalige rugbybaas Brian van Rooyen is uitvoerende hoof van Labat. Die JSE het in Januarie ook al vir Labat met opskorting gedreig, want sy vorige jaarverslag was ook laat.

JSE-genoteerde maatskappye het drie maande ná hul jaar- of halfjaareinde tyd om hul voorlopige state in te dien om te bly voldoen aan die JSE se noteringsvereistes.

Die ouditfirma BDO het in Oktober aangekondig hy gaan nie sy kontrak hernu om ouditwerk vir AEEI en Ayo te doen nie.

Meer oor:  Independent Media  |  Sekunjalo  |  Ayo  |  Iqbal Survé  |  Jse  |  Maatskappye  |  Notering  |  Beleggers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.