Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
JSE se deure bly oop, gewone ure geld

Die JSE sal gedurende die 21 dae van nasionale inperking ten volle in bedryf bly.

JSE
’n Beeld buite die Johannesburgse aandelebeurs. Foto: Getty Images

Leila Fourie, uitvoerende hoof van die JSE, sê die impak van die pandemie word deurentyd gemonitor en die beurs is voortdurend met die nasionale tesourie, die Omsigtigheidsowerheid van die Reserwebank en die Gedragsowerheid vir Finansiële Dienste (FSCA) in gesprek.

Bykans 90% van die JSE se personeellede is reeds uit sy gebou in Sandton geskuif, en werk nou van die huis af.

Noodsaaklike personeel sal van die beurs se gebou af kan werk indien nodig om te verseker dat alle bedrywighede ononderbroke voortgaan.

Die JSE se gewone bedryfsure bly ook van krag.

“Talle maatskappye se bedrywighede en kontantvloei gaan tydens die inperking onder reuse-druk kom. In dié tyd sal die beurs ’n noodsaaklike rol speel.”

Die beurs se rol wat nou noodsaaklik is, is om deursigtigheid oor aandeelpryse te verskaf en beleggers die vermoë te gee om uit posisies van vertroue te kan verhandel, en om toegang tot kapitaal te gee.

“As ’n bestemming vir internasionale investering moet die JSE verseker dat die kanale oopbly en dat die beurs met die groot internasionale beurse en oor-die-toonbank-markte geïntegreerd bly.”

Toe hy die land op Maandag 23 Maart toegespreek het, het pres. Cyril Ramaphosa gesê dit is ’n noodsaaklike diens om belangrike mark-infrastruktuur in stand te hou om sodoende die momentum in die ekonomie te behou.

“Die diepte en likiditeit van die kapitaalmarkte verseker dat die finansiële sektor die ekonomie kan ondersteun in tye van krisisse, wat noodsaaklik in die huidige situasie is waar die vlak van wisselvalligheid vergelykbaar met die internasionale finansiële krisis van 2008 is, en die daaglikse dalings se omvang so groot soos in die Asiatiese krisis van 1997 is.”

Volgens Fourie het die JSE proaktief opgetree en reeds vroeg in Februarie begin om gebeurlikheidsplanne te implementeer. Personeel se reise is beperk en vroeg in Maart is ’n algehele verbod op personeellede se internasionale reise geplaas.

Fourie sê die beurs het ook veranderings aangebring aan sy stroombrekers wat verhandeling tydelik tot ’n halt kan bring tydens groot wisselvalligheid om beleggers ’n kans te gee om asem te haal en die marktoestande beter te evalueer.

Hoe die stroombrekers werk, sal volgens haar hersien word, indien nodig.

Meer oor:  Leila Fourie  |  Jse  |  Beleggers  |  Inperking  |  Lockdown  |  Covid-19  |  Aandele  |  Staat Van Inperking  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.