Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
JSE voel sélf die ekonomie se knyp
Nicky Newton-King, uitvoerende hoof van die JSE.

Die lustelose Suid-Afrikaanse ekonomie plaas ook ’n demper op die prestasie van die JSE as maatskappy.

Ondanks goeie vertonings deur sommige sake-eenhede van die JSE, het die inkomste in die meeste van sy sake-eenhede gekrimp weens die verswakkende sentiment onder beleggers jeens Suid-Afrika.

Die land se grootste aandelebeurs het Donderdagmiddag sy tussentydse resultate vir die eerste helfte van 2016 uitgereik en sy bedryfswins het met 8% tot R1,1 miljard gedaal.

Die verdienste ná belasting het met 18% tot R419 miljoen getuimel.

“Die land word deur lae ekonomiese groei en kredietafgraderings geteister,” het Nicky Newton-King, uitvoerende hoof van die JSE, gesê.

Dié negatiewe faktore het tot ’n verlies aan sakevertroue gelei wat aktiwiteit in die finansiële markte ’n knou gegee het.

Die JSE het verlede maand verskeie stappe aangekondig om koste te bespaar, waaronder afleggings wat sowat 14% van sy werksmag kan raak.

Hoewel primêre markinkomste met 8% tot R82 miljoen gestyg het, danksy nuwe noterings, het inkomste vir die meeste van die JSE se sake-eenhede ingekrimp.

Die grootste daling was in die ekwiteitsmark, waar inkomste met 19% tot R235 miljoen afgeneem het. Dit is die gevolg van ’n afname van 13% in die verhandelde waarde van aandele.

In die kapitaalmarkte het die afdeling vir wisselkoerse en afgeleide rente-instrumente weer besonder goed gevaar en met 26% tot R24 miljoen gestyg.

Die JSE, wat reeds die afgelope 130 jaar sake doen, het in die eerste helfte van die jaar agt nuwe noterings gehad, twee meer as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

“Ons gaan voort met ons belegging in nuwe tegnologie om die gerief van sake doen vir ons kliënte te verhoog,” het Newton-King gesê.

Meer oor:  Nicky Newton-King  |  Jse  |  Aandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.