Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
‘Juis nóú is daar vir SAL geleenthede’

Die bankrot Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se sakeredders gooi nog lank nie tou op nie en is trouens besig om geleenthede wat die Covid-19-pandemie bied, te probeer benut.

Die SAL sê hy sal van 16 April, wanneer die staat van inperking verstryk, weer plaaslik vlieg, maar internasionale en streekvlugte is tot 31 Mei opgeskort.

Dít kom te midde van ’n byna skaakmatposisie met vakbonde oor afleggings nadat krediteure die sakeredders, Siviwe Dongwana en Les Matuson, uitstel gegee het tot 29 Mei om die sakereddingsplan te publiseer. Dit is reeds twee keer tevore uitgestel.

Die SAL het, soos ander lugdienste, Dinsdag sy gereelde vlugte gestaak in die lig van die staat van inperking wat van Vrydag af in Suid-Afrika geld.

In daardie stadium het die lugdiens nog net tussen Johannesburg en Kaapstad gevlieg.

Die SAL sê hy sal van 16 April, wanneer die staat van inperking verstryk, weer plaaslik vlieg, maar internasionale en streekvlugte is tot 31 Mei opgeskort.

Dit laat die lugdiens sonder enige inkomste en Rapport verneem daar was ’n geskarrel om Maart se salarisse te betaal.

Volgens die Maatskappywet moet sakeredders aansoek doen vir likwidasie sodra hulle meen dat ’n onderneming wat onder sakeredding is, nie meer gered kan word nie.

Dongwana het vandeesweek nie reguit geantwoord op ’n vraag van Rapport of hulle steeds hoop het op ’n suksesvolle reddingspoging nie, maar aangedui die lugdiens hoop wel om voordeel te trek uit die verhoogde vraag na vragvervoer en ad hoc-noodvlugte.

Intussen hang ’n vraagteken oor die sakeredders se onderhandelinge met vakbonde oor die aflegging van meer as 2 000 SAL-werkers. Dit is sowat die helfte van die lugdiens se totale arbeidsmag.

Volgens Derek Mans, Solidariteit se verteenwoordiger in die lugvaartbedryf, het die sluiting van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) weens die staat van inperking die onderhandelinge gepootjie. Vroeër het elke party in ’n aparte lokaal by die KVBA gesit en deur videoverbindings met mekaar gekommunikeer.

Die konsultasie sal tot minstens 8 Mei duur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.