Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Jungle Oats vier eeu met nuwe fabriek

Tesame met Jungle Oats wat sy 100ste verjaardag vier, het Tiger Brands ook Vrydag ’n nuwe hawermoutmeule by sy aanleg in Maitland, Kaapstad, geopen.

Jungle Oats as handelsnaamproduk van Tiger Brands is vanjaar ’n eeu oud. Foto: Tiger Brands
Moderne tegnologie word in die nuwe aanleg gebruik wat doeltreffendheid verbeter en produksie verhoog, en terselfdertyd die koolstofvoetspoor van die fabriek verlaag weens laer energieverbruik per ton.Foto: Tiger Brands
Mandy du Plessis, besturende direkteur van Jungle Oats by Tiger Brands, met die amptelike opening van die nuwe hawermoutmeule in Maitland, Kaapstad. Foto: Tiger Brands

Die projek van R208 miljoen het in die konstruksiefase 120 werkgeleenthede geskep.

Jungle Oats is die eerste handelsnaamproduk wat Tiger Brands in 1920 bekend gestel het. Dit was toe nog Tiger Oats genoem, het Lee-Anne Govender, bemarkingsdirekteur van Tiger Brands, by die opening van die meule gesê.

Die nuwe aanleg het hoëdoeltreffendheidsmotore wat die energieverbruik per ton verlaag, sê Rees de Villiers, bestuurder van die aanleg.

As deel van die belegging in die nuwe aanleg het Tiger Brands ook deur sy kleinboerprogram tien swart boere in die Wes-Kaap geïdentifiseer wat vanjaar 100 hektaar se hawermout sal aanplant om aan die aanleg te lewer.

Meer oor:  Tiger Brands  |  Jungle Oats  |  Hawermout
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.