Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Juwelier mag nie meer ringe namaak

’n Juwelier van Pretoria is deur die hof verbied om die nasionale juweliersgroep Browns se verloofringe na te maak.

Browns het Poggenpoel Diamond Cutting Works in 2016 al aangespreek omdat hy gemeen het die Eline- en Emeline-verloofringe lyk te veel na Browns se ontwerpe. Poggenpoel het toe per brief onderneem om nie ringe van dieselfde ontwerp te vervaardig, adverteer of verkoop nie.

Hy het volgens Browns aangevoer hy het net ’n paar van die ringe gemaak en verkoop. Verlede jaar het Browns ’n skermgreep gemaak van Poggenpoel se webtuiste waarop die Eline-ring steeds teen R7 600 geadverteer word. Die ontwerp is soortgelyk aan Browns se Protea-ring.

So lyk Browns se handelsmerk vir sy geslote Protea-3D-vorm vir ’n ring wat by die hof ingedien is.

Browns het vir Poggenpoel ’n aanmaningsbrief gestuur omdat hy “eenvoudig volgehou het om juwele te vervaardig, te adverteer en te bemark” wat binne een van Browns se geregistreerde ontwerp­nommers val. Volgens Browns is die Eline boonop Poggenpoel se gewildste produk.

Browns sê ook Poggenpoel het ’n kwotasie aan ’n klant uitgereik met ’n ontwerp daarop wat met behulp van ’n rekenaar gemaak is en wat ’n replika is van Browns se Guardian Angel-ring.

Browns het vir die hof gesê sy ringreekse Protea, Queen of My Heart en Guardian Angel het unieke ontwerpe en hy het baie geld bestee aan die ontwikkeling en bemarking daarvan.

Poggenpoel het ’n onderneming onderteken om Browns se statutêre en gemeenregtelike ­eiendomsregte te erken. Hy het onderneem om nie sy Eline-ring te vervaardig, te adverteer, te verkoop of in te voer nie of ooit in die toekoms ’n reproduksie of ’n verwerking te maak van enige juwele van Browns nie.

Dié onderneming is ’n bevel van die hof gemaak.

Die Eline-ring op Poggenpoel se webtuiste.

Meer oor:  Hofsaak  |  Juwele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.