Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Jy mag nie drank vervoer, maar toegewings gemaak

Drank mag nou vervoer word na stoorplekke en geboue waar dit veilig bewaar kan word. Die reël geld egter steeds dat die publiek nie met drank in hul voertuie betrap mag word nie.

Wyn is die derde grootste uitvoerproduk uit die Wes-Kaap en dra by tot 6,5% van die provinsie se uitvoer. Foto: Unsplash

Volgens dr. Ivan Meyer, die Wes-Kaapse LUR vir landbou, het hulle goeie nuus gekry ná sy skrywe aan Thoko Didiza, minister van departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, waarin wysigings aan sekere regulasies oor die drankverbod gevra is.

Van die wysigings is toegestaan en daarom mag wyn nou vanaf kelders na die kelders se stoorplekke vervoer word.

Wyn mag ook onder die regulasies na hawens vervoer word as dit bestem is vir uitvoer.

Drank mag ook vanaf ’n gelisensieerde perseel na ’n plek van veilige bewaring geneem word.

In sy brief het Meyer ook gevra dat wyn en ander drank aanlyn verkoop kan word en dan per koerierdienste by kopers afgelewer word.

Hy is teleurgesteld dat dié en ander versoeke op dowe ore geval het.

Die wynbedryfsliggaam Vinpro en die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Drankhandelsnaameienaars (Salba) het ook reeds Maandagoggend in ’n brief aan Didiza en Fikile Mbalula, minister van vervoer, geskryf en gevra dat daar spesifieke toegewings gemaak word om die bedryf op sy voete te hou.

“Dit gaan eerder oor wat nodig is vir wynprodusente om byvoorbeeld wyn te kan uitvoer en deel te neem aan internasionale kompetisies,” sê Rico Basson, besturende direkteur van Vinpro.

Hierdie toegewings is dus nie van toepassing op hoe Jan en alleman wyn verbruik nie, maar gemik op die noodsaaklikheid dat wyn onder spesifieke omstandighede vervoer moet kan word.

Monsters moet byvoorbeeld aan toetspanele oor die land heen gestuur word sodat sertifisering daarvan volgens wet kan geskied.

Die wynbedryf moet ook monsters van wyne wat bestem is vir uitvoer aan laboratoriums stuur voordat lisensies uitgereik word. Dit is ook noodsaaklik om monsters aan wynkompetisies te stuur waar toetspanele dit kan beoordeel en daarvoor is vervoer na en van lughawens en proelokale ook nodig.

Volgens Danie Cronjé, van Danie Cronjé Prokureurs in Stellenbosch, kan wynkelders monsters van wyn wat bestem is vir kompetisie vervoer na proelokale waar wynkompetisies gehou word, solank die publiek nie van die wyn drink of dit koop nie.

Meer oor:  Drank  |  Drankverbod  |  Drankbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.