Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Kaapse konferensie weens Covid-19 afgestel

’n Internasionale konferensie wat rekenmeesters en regslui van oor die wêreld heen later vandeesmaand in Kaapstad byeen sou bring, is weens die Covid-19-virus gekanselleer.

Insol International, ’n internasionale federasie van beroepsluiverenigings, sou van 17 tot 19 Maart by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) vergader.

Insol se raad het Vrydag besluit om die konferensie af te stel.

“Die gesondheid en veiligheid van ons afgevaardigdes van oor die wêreld heen en ons eie personeel is ons topprioriteit,” sê Julie Hertzberg, president van Insol, en Jason Baxter, uitvoerende hoof van die liggaam, in ’n verklaring aan afgevaardigdes wat na die konferensie sou kom.

“Namate meer inligting die afgelope 48 uur oor die verspreiding van die virus en oor die verdere perke op reis en kwarantynprotokols in sekere lande bekend geword het, het ons die potensiële negatiewe impak besef wat dit op almal van julle kan hê.”

Die mense wat die konferensie sou bywoon, het die opsie om hul registrasiegeld terug te eis of om aansoek te doen om 2021 se konferensie in San Diego in Amerika by te woon.

Baxter en Hertzberg sê egter die organiseerders sal dankbaar wees as afgevaardigdes hul registrasiegeld kan skenk sodat Insol sy kritieke projekte vir die res van die jaar kan uitvoer. Om die registrasiegeld te moet terugbetaal, is vir hulle ’n groot finansiële slag weens die koste om die konferensie aan te bied wat hulle nie meer kan terugeis nie, terwyl die aanbied van die konferensie ’n groot deel van die instelling se jaarlikse inkomste uitmaak.

Lees die volledige berig hier.

Meer oor:  Koronavirus  |  Covid-19-Virus  |  Kaapstad  |  Konferensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.