Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Hiér gaan Starbucks se 1ste tak in die Kaap wees

Kapenaars sal een van die dae Starbucks-koffie kan geniet.

Die koffiehuis se Suid-Afrikaanse eienaars het eindelik die kat uit die mou gelaat en gesê die eerste tak maak middel November in die Canal Walk-winkelsentrum oop.

koffie
Die Starbucks-ervaring kom binnekort Moederstad toe.

Ander takke se opening sal kort daarna volg, maar besonderhede sal eers later bekend gemaak word.

Adrian Maizey, uitvoerende hoof van Starbucks se nuwe eienaar in Suider-Afrika, Rand Capital Coffee, het Vrydag in ’n verklaring gesê hulle sien daarna uit om “ons diep trots en geesdrif vir koffie, gebrou en bedien deur ’n wêreldklas-span van passievolle, kundige vennote met Kapenaars en besoekers aan die stad” te deel.

Starbucks sou aanvanklik in Junie na Kaapstad uitgebrei het, maar die proses is deur die Covid-19-krisis vertraag. “Ons het gelukkig veerkragtige vennote en is dankbaar aan daardie verhuurders wat ons visie en verbintenis deel om tot die Suid-Afrikaanse ekonomie by te dra, en wat nou met ons saamgewerk het om te help verseker dat ons uitbreiding net vertraag is, nie gekanselleer nie. Dis in so ’n krisistyd dat die belangrikheid van samewerking tussen alle belanghebbendes vir ’n groter doel die duidelikste is.”

Starbucks hoop om 50 permanente poste in sy Kaapse takke te skep, sowel as die tydelike werk wat vir kunstenaars en kontrakteurs geskep gaan word.

Maizey sê die Kaapse takke sal ’n ervaring bied wat soortgelyk is aan die “waardes en atmosfeer” waarvoor Starbucks wêreldwyd bekend is, “ontwerp om die mooiste stad van almal te weerspieël”.

Rand Capital Coffee het die meesterfranchise-lisensie vir Starbucks in November 2019 van Taste Holdings oorgekoop. Daar is 13 takke, die meeste van hulle in Johannesburg en Pretoria.

Taste, wat ook Domino’s Pizza na Suid-Afrika gebring het, het vasgebrand weens die enorme koste om Starbucks-winkels in te rig volgens Amerikaanse voorskrifte. Die groep het sedertdien ook Domino’s gelikwideer omdat hy nie ’n koper vir sy lisensie kon kry nie.

Die groep het homself herdoop na Luxe noudat hy geen belang in restaurante oor het nie, net in luukse goedere – hy besit die horlosie- en juwelierswarewinkels Arthur Kaplan, NWJ en World’s Finest Watches.

Rand Capital Coffee het met die verkryging gesê hy wil binne vyf jaar 75 Starbucks-winkels landwyd hê.

Starbucks het reeds 30 000 winkels in 80 lande. Dis in 1971 begin.

Meer oor:  Starbucks  |  Taste Holdings  |  Restaurante  |  Kitskos  |  Staat Van Inperking  |  Koffie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.