Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Kabeldiewe keer 21 treine per dag – Transnet

Spoorvragversenders het sedert April verlede jaar al sowat R400 miljoen in inkomste verloor weens kabeldiefstal wat Transnet se spoorvragdienste ontwrig.

’n Ontspoorde vragtrein van Transnet Freight Rail.

Syfers wat Transnet Freight Rail (TFR) Donderdag uitgereik het, wys dat Transnet meer as R150 miljoen per jaar verloor net weens die ekstra koste om kabels te vervang.

Die diefstal van oorhoofse spoorkabels het ongekende vlakke bereik en dit veroorsaak dat gemiddeld 21 treine per dag gekanselleer moet word, sê Mike Asefovitz, woordvoerder van TFR, in ’n verklaring.

Sedert April verlede jaar tot Januarie vanjaar is 354 227 m se kabels by TFR gesteel is. Dis is byna 355 km se kabel – omtrent die afstand tussen Kaapstad en Mosselbaai of tussen Pretoria en Harrismith.

Die kansellasie van treine sedert April verlede jaar verteenwoordig 1,3 miljoen ton se goedere wat nie vervoer is nie, wat neerkom op sowat R400 miljoen se verlore inkomste, sê Asefovitz.

Die effek wat dit op die ekonomie het, is nog etlike miljoene rande meer.

“Kliënte word ernstig geraak wanneer hul vrag nie betyds by sy bestemming kom nie.

“Die gevolge van kabeldiefstal is nie beperk tot finansiële verliese nie, maar kan ook tot menslike rampe en tragedie lei. Dit lei dikwels tot die vernietiging van TFR-bates soos lokomotiewe en waens, en dit kos die maatskappy miljoene rande aan herstelwerk en om dit te vervang. Die verlore geld kon gebruik geword het om dienslewering aan kliënte te verbeter eerder as om toerusting te herstel wat deur misdadigers vernietig is.”

Die TFR-spoornetwerk sluit meer as 30 000 km se spoorlyne in Suid-Afrika in, en hy bedryf sowat 700 treine per dag.

Asefovitz sê die bedryf van die spoornetwerk vereis sorgvuldige beplanning, en die gevolge van kabeldiefstal is dus enorm. Elke voorval vereis herbeplanning en die hertoekenning van hulpbronne wat tot vertragings lei.

Volgens hom werk TFR hard saam met die wetstoepassingsowerhede om die misdadigers te vang en innoverende tegnologie is in werking gestel wat reeds tot inhegtenisnemings gelei het.

Meer oor:  Transnet  |  Infrastruktuur  |  Spoorweë  |  Logistiek  |  Staatsondernemings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.